Jou invoer

U, as leser van Die Afrikaanse opinieplatform, kan op verskillende maniere met ons gesels. Die belangrikste wyse is om net kommentaar onder die berigte te gee. U kan egter ook ook artikels oplaai via ‘laai jou artikel‘. Indien u ‘n vaste skrywer van Die Afrikaanse opinieplatform wil wees (u is genooi) dan kan u dit ook via ‘kontak ons‘ reël.

Kommentaar

Die kommentare is die hart van ons webtuiste. Ons – as redaksie – vra vir jou deelname aan die debat. Dit is die bedoeling dat jou brein gaan stoom. Soms sal ‘n mens belaglike artikels op ons webwerf vind, waarmee u glad nie sal saamstem nie. Ons daag u uit om die bladsy nie so vinnig moontlik te sluit nie, maar te antwoord waarom u nie saamstem nie. Die artikel wat ons skryf, dien slegs as beginpunt in die debat. En ons sal maar sien waar die debat eindig.

Ons wil ons lesers vra om altyd respekvol hul menings te gee. Almal is maar mense, en mense kan seergemaak word. Nee, ons vra nie vir selfsensuur nie, maar probeer net seker te maak u gebruik ‘n toon wat u self kan hanteer. As u ‘n toon gebruik wat nie passend is nie, sal ons redakteur daarby ‘n opmerking plaas. Ons redakteur sal onder geen beding u kommentaar verwyder nie! Nee, ons wil ook geen uitgebreide kommentaarregulasies hê nie. Ons dink ons lesers is volwasse genoeg om hul eie gedrag dop te hou.

Laai jou artikel

Het u ‘n artikel of ‘n kommentaar op hierdie webwerf gelees, waarmee u glad nie saamstem nie? En u wil hoër op die verhoog? U kan jou kommentaar verander in ‘n artikel. Ons sien uit na konstruktiewe bydraes van ons lesers. U kan ‘n die artikel laai via ‘laai jou artikel‘.

Skrywer

Ons is ‘n publieke platform, dit beteken die webwerf is ‘n tuiste van verskillende skrywers. Om die webwerf na hoër vlak te til, soek ons nog meer skrywers. Want elke persoon het ander opinies. Dus is jy nie bang om te skryf nie? En is jy nie bang vir een van die mees kritiese lesersgroepe in die wêreld nie? Ons hoor graag van jou! (sien ‘kontak ons‘)

Advertisements

One comment

  1. Hoe lank gelede het jy jou skrywe oor Front Nasionaal geskryf?
    Ek wil nou amper wed dat jy jou seining intussen al effe aangepas het. Om met die min geld en hulpmiddels tot hulle beskikking wil ek sien watter ander Party hulle dit kon nadoen.
    Dit op sigself is reeds ‘n bewys van hulle sukses. Dit op sy beurt bewys ook dat die Afrikaner/Boer, of wat jou naam keuse ookal mag wees vir die Selfbeskikkings groep, wil gedoen wees.
    Om in so ‘n kort tydperk, en dan nog die gewone, of is dit uitermate weerstand, in hierdie geval van die liberaliste, so goed te vorder, kan net een antwoord hê. Fenominaal!!! E dit is deur Afrikaners vermag weet jy.
    Dalk moet jy dit oorweeg om jou rubriek weer te skryf, en dan hierdie, en nog meer, feite te gaan navors. Eienaardig waarom jy so tevrede is met die toestand waaronder jou eie mense moet leef. Ek kan nêrens enige simpatie van jou jeens jou mense raak lees nie. Of is jy nie deel van die Afrikaner of Boer nie. Indien die huidige situasie jou nie geval nie, en meer spesifiek dìe van die Afrikaner, dan sou ondersteuning meer gepas gewees het.
    Of jy die een of ander vreemde genot put uit hierdie Afrikaner dilemma, sal ek nie weet nie, maar jou negatiewe skrywe oor jou eie mense, is vreemd. Is jy ook een van die profete wat beweer dat ons nie saamstaan nie? Hoe help jy om daardie probleem op te los as jy sulke berigte plaas.? Is daar nie juis genoeg skade aangerig soos dit reeds is nie.
    Ek kan myself net eenvoudig nie sover kry om jou denkrigting duidelik te begryp nie. Of skryf jy maar hierdie goed om ‘n indruk van Heldersiendheid en of intelligensie te bewys?
    Dink daaroor Barend ! Bereik jy enigiets hierdeur? Gaan jy ‘n merk maak in die Afrikaner geskiedenis boeke?
    Durf ek dit waag om jou as ‘n mede Afrikaner te beskou???
    Jammer ek beskik nie oor jou woordeskat, en skrywers vermoëns nie, anders kon ek myselfdalk beter verduidelik het.
    Ek dink jy verstaan tog wat ek aan jou probeer stel.
    Dankie vir die geleentheid wat jy hier aan ons gewone Afrikaners bied om ons sê te mag sê.
    Arnold.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s