Bepalings en voorwaardes

Die Afrikaanse opinieplatform is ‘n aanlyn gemeenskap wat die vryheid van spraak binne die Afrikaanssprekende gemeenskap probeer te bevorder. Die Afrikaanse opinieplatform bied ‘n tuiste vir verskillende menings.

Die doel van Die Afrikaanse opinieplatform is die ontwikkeling van ‘n kritiese Afrikaanssprekende gemeenskap. Vryheid van spraak is baie belangrik – as ook respek vir die mening van ander mense.

Webadres

Bepalings en voorwaardes:

Kommentaar:

  1. Elkeen mag deelneem aan die kommentaar of artikels oplaai.
  2. Lesers kan kommentaar gee via hul WordPress-rekening of hul kommentaar afsonderlik aktiveer met hul e-posadres.
  3. Profiele mag werklike name of skuilname wees.
  4. Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings, word nie toegelaat nie.
  5. Ander lesers en kommentatore sal nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.
  6. Kommentaar moet relevant wees tot die artikel waarop kommentaar gelewer word.
  7. Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit van aard is, sal nie geduld word nie.
  8. Kommentaar word gewoonlik outomaties en onveranderd gepubliseer, tensy dit sekere woorde bevat wat op ‘n kontrolelys geplaas is. Die woordelys bevat woorde wat dikwels gebruik word om ander mense of groepe te beledig;

Regte van die redaksie:

  1. Die redaksie het nie die reg om kommentare sonder kennisgewing te verwyder nie. Die redaksie is verplig om ‘n kennisgewing te stuur.
  2. Die redaksie het die reg om kommentare te wysig met die opmerking dat die kommentaar ongepas is. Geen inhoudelike veranderings sal aangebring word nie.
  3. Kopieregskendings (eiendom van derdes) in kommentaarplasings word – ongeag die inhoud – verwyder.
  4. Herhaaldelike plasing van dieselfde kommentaar word afgeraai en die redaksie het die reg om herhaaldelike kommentare te verwyder.
  5. Kommentare met rassistiese of negatiewe seksistiese inhoud sal verwyder word. 

Klagtes:

  1. Klagtes kan ingedien hier ingedien word;
  2. Elke klag sal soos ‘n unieke geval behandel word, omdat elke klag sy eie konteks het;
  3. Slegs klagte met motivering sal in behandeling geneem word; 
  4. Klagte sal gewoonlik binne 24 tot 48 uur afgehandel word.

Eiendomsreg:

  1. Indien ‘n gebruiker kommentaar gee of ‘n artikel op die webwerf laai, doen die gebruiker afstand van die eiendomsregte. Die eiendomsregte behoort na plasing aan Die Afrikaanse opinieplatform.

Kopiereg:

  1. Alle tekste word geplaas onder die CC BY-NC-ND 4.0-lisensie. Verspreiding van die tekste is dus onder voorwaardes moontlik.
  2. Verspreiding van beelde, foto’s, prente en video’s word afgeraai, omdat die meeste beelde deur derdes verstrek is en almal onder hul eie lisensie beskikbaar gestel is.
  3. Beelde, foto’s en prente wat opgelaai is deur gebruikers van Die Afrikaanse opinieplatform word beskerm deur kopiereg en is nie beskikbaar vir verdere verspreiding nie.
  4. Beelde, foto’s, prente en video’s wat duidelik intellektuele eiendom van Die Afrikaanse opinieplatform is, word beskerm deur kopiereg en is nie beskikbaar vir verdere verspreiding nie.
  5. Indien tekste opnuut deur derdes gepubliseer of versprei word, moet Die Afrikaanse opinieplatform as bron kenbaar gemaak word, maar nie op so’n wyse dat Die Afrikaanse opinieplatform betrokke lyk by die medium nie.
  6. Tekste mag sonder toestemming opnuut deur derdes gepubliseer of versprei word, maar ‘n kennisgewing moet via ons kontakveld gestuur word.

Ander:

Gebruikers van Die Afrikaanse opinieplatform aanvaar hierdie bepalings en voorwaardes sodra hulle die webwerf besoek.

In die gevalle waarin ‘n gebruiker meermaal die reëls oortree het, het Die Afrikaanse opinieplatform die reg om die spesifieke gebruiker op basis van sy/haar IP-adres die toegang tot opinieplatform.co.za – en alle ander webwerwe in eiendom van Die Afrikaanse opinieplatform – te ontsê.

In geval van juridiese geskille sal Die Afrikaanse opinieplatform onderhewig wees aan die Nederlandse wetgewing. Artikel 7 van die Nederlandse Grondwet oor die vryheid van drukpers is op Die Afrikaanse opinieplatform van toepassing.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s