Oor ons

Profielfoto menings

Die Afrikaanse opinieplatform is dié Afrikaanse tuiste vir enige opinie in die kuberruim!

Op die webwerf skryf verskillende bloggers opinie-artikels. Hoewel ons verskillende agtergronde het en glad nie dieselfde opinies het nie, dink niemand van ons volgens die politieke links-regs-raamwerk nie. Dit is net die mening wat tel!

Lesers moet ook nie verbaas wees nie as skrywers op hierdie blog in geveg raak. Soos gestel, die skrywers het verskillende agtergronde en dus verskillende menings. Daar is egter nog ‘n ooreenkoms tussen die skrywers: almal het ‘n ingeligte mening, onderbou deur feite en nie gebaseer op emosies nie.

Wees waaksaam daarop dat ‘n mens uit dieselfde feite verskillende gevolgtrekkings kan trek, omdat ‘n mens feite moet interpreteer. Dit beteken dat elke skrywer sy eie interpretasie van die feite weergee en nie “fout” of “verkeerd” is nie.

Een van die doele van hierdie webwerf is om ‘n debat te skep. Ons wil ons lesers vra om kommentaar te lewer. Die  kommentaar moet egter rustig, sonder emosie, sonder rassisme, diskriminasie ens. Hoewel ons geen sensuur wil pleeg nie, soos gebruikers van die Media24-webwerwe dikwels gekla het, sal ons redakteur ‘n opmerking by die kommentaar sit as dit ‘n te erge kommentaar is. As jy ‘n gedagte skryf, onthou die stelreël: wens jy dat enigiemand ook so teen jou praat?

As jy ‘n groot kommentaar wil skryf, kan jy die kommentaar nie net onder die betrokke artikel skryf, maar ook vir ons e-pos. Ons sal dit, wanneer jou reaksie ‘n volwaardige artikel werd is, in ‘n artikel oplaai. Die redaksie is uiteindelik verantwoordelik vir die keuse van oplaai of nie-oplaai.

Geskiedenis

Die meeste van ons skrywers het vroeër geskryf op MyNuus24 se lesers- en blogruimte. Die skryfruimte bestaan egter nie meer nie, omdat Nuus24 as NuusFlitse by die Media24-koerante ingeskuif is. Die skrywers wat hier skryf was nie betrokke by Nuus24 se bedryfsvoering nie. Ons was Nuus24-lesers wat ons mening op die webwerf verkondig het.

Advertisements

5 comments

  1. Ek dink dis n goeie ding dat enige persoon iets kan skryf en sy mening kan gee.Dís mos vryheid van spraak en sodoende kry mens dan n verskeidenheid menings oor verskillende onderwerpe.Mens kan dus lekker debatteer,saamstem,verskil met mekaar en dies meer.

  2. Naspers(sien ANC) wil alle media onder sy sambreel kry om sodoende ons mense nog verder te indoktrineer soos wat dit sedert die 70tiger jare geskied het. Lees maar skewe(Beeld) en die susterskoerante – niks of weinig oor plaasmoorde nie maar 7 uitlanders wat vermoor word is NUUS.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s