As jy nie gaan stem, gaan Zuma wen! #TREKJOUKRUISIE

Ja, as jy nie gaan stem, gaan Zuma wen, verseker in munisipaliteite waar die verkiesingsuitslag baie spannend gaan wees. Dit is ook ‘n leuen dat ‘n stem op klein partye in wykverkiesings waardeloos is.

Jou stem word so getel:

Jy kry twee stembriewe, een stembrief vir jou wyk en een vir die proporsionele deel. Beide briewe bepaal 50% van die stemme. Anders as beweer word deur die DA, word stemme op ‘n wykkandidaat nie vermors nie.

Om die uitslag te bepaal word die wykstem bygetel by die proporsionele stem, wat beteken elke wykkandidaat se stemme word bygetel by die partystem. Volgens die VF+ verklaar die kiesstelsel verklaar dit so: “In die wyk wen die kandidaat met die meeste stemme, maar as die kandidaat vir wie jy gestem het aan ‘n party behoort en hy/sy wen nie wyk nie, word die stem bygetel by die kandidaat se party by die proporsionele stelsel.”

Jy verloor dus nie jou stem nie – sterker nog, jou stem tel twee keer in die proporsionele stelsel, waar die ANC se stem slegs een keer tel – omdat hul kandidate in die meeste wyke al gekies is, word hul stemme dikwels nie bygetel by die proporsionele stelsel nie. Dieselfde geld vir die DA in groot dele van die Wes-Kaap.

Sommige mense bly by die huis omdat hulle nie die stelsel wil legitimeer nie. Dit is ‘n sinnelose en leë argument, omdat dit veronderstel dat die stelsel nie gelegitimeer is as mense nie stem nie. In liberale lande sonder stemplig en sonder geborgde groepsregte (soos Suid-Afrika) moet egter 70% of meer van alle kiesers (dus nie net Afrikaners of bruin mense nie) by die huis bly om die stelsel te delegitimeer. Verder is dit onsin as jy die stelsel slegs by die stembus nie wil legitimeer. As jy nie die nuwe bedeling wil legitimeer nie – moet jy dit doen met jou hele houding. Dus wanneer het jy vir die laaste keer ‘n paspoort, identiteitskaart of -boekie of jou bestuurderslisensie gekry of is jou kinders dalk in ‘n openbare skool? Jy ‘t die stelsel al gelegitimeer – al ontelbaar keer sedert 1994.

Slegs inwoners van Orania moet oppas dat hulle nie die munisipale verkiesing legitimeer nie, want die grens tussen hul eie erkende verteenwoordigende (oorgangs)raad en die Thembelihle-munisipaliteit is nog nie afgebaken nie. Maar inwoners van Orania stem vandag wel vir hul eie verteenwoordigende raad en in die Pixley ka Seme-distrikverkiesing, soos hulle ook op die provinsiale en nasionale vlakke gewoond is om te stem.

In ‘n stelsel soos Suid-Afrika en bykans elke demokrasie is dit politieke selfmoord vir minderhede om by die stembus weg te bly. Anders as meerderhede het minderhede dikwels geen drukgroepe wat invloedryk by politieke partye is nie. ‘n Vakbond soos Solidariteit het byvoorbeeld baie moeite om met belangrike politieke partye in gesprek te raak en so invloed uit te oefen – met ander woorde: partye soos die ANC is nie gewillig om te hoor wat Solidariteit wil sê nie.

‘n Lid van die meerderheid kan maklik by die verkiesing wegbly, omdat hul drukgroep byvoorbeeld Cosatu maklik toegang het tot belangrike politieke partye. Daarom is dit belangrik dat daar verteenwoordigers van minderhede in die parlement is.

Moenie dom wees nie. #TREKJOUKRUISIE en #LAATJOUSTEMHOOR

Vind jou naaste stemlokaal hier of hier! Stemlokale is vandag oop tot 19:00 uur.

Is jy reg om te stem? Kontroleer dit hier!

Advertisements

3 comments

  1. JHallo Christiaan.

    y is reg deur te skryf dat ons op baie maniere reeds legimiteit aan die onwettige ANC/SAKP-regime verleen (belastings, ens.), maar waar ek ‘n keuse het – soos by die regime se stembus – sal ek NIE legimiteit aan die onwettige kommunistiese besettingsregime verleen nie!

    My boikot en wegblystem, is dus ook ‘n stem van protes teen die regime en ons toestand van genocide en onderdrukking.

    Minderhede soos die Boervolk – ‘n volk in eie reg – kan geen verskil by die regime stembus maak nie. Dit is ‘n getalle-spel en 5 miljoen kan geen verskil maak aan die 50 miljoen-massa se wense nie.

    Ons in Suid-Afrika het NIE ‘n demokrasie nie! Dis die wil van die meederheid en massa wat seevier. Demokrasie is slegs moontlik in ‘n een-volk staat. Wat vandag in Suid-Afrika gebeur, is die tirannie van die meerderheidsras en meerderheidsvolk wat op die Boere afgedwing word.

    Ek is beslis nie onnosel nie, en het dus weer die regte keuse uitgeoefen – stem reg, bly weg!!!

    Hierdie stemspeletjie is vir die dommes en oningeligtes. ‘n Doodloopstraat!

  2. Zuma het reeds gewen die dag toe die NP-regime in 1994 oorgegee het aan die kommuniste en Geldmag! Geen kruisie by die regime se stembus gaan hierdie feit verander nie! Ons moet buite-parlementer beywer vir vryheid. Zuma lag lekker vir die dom Afrikaners wat elke vyf jaar poep teen die wind. Verskoon my mooi beskrywende Afrikaans.

  3. Wel, plekke soos Kleinfontein, Orania, Kleinvallei, ANWeskus & nou ook Eureuka is bewyse dat Afrikaners weer hulle skouers opgetel het en weer begin bou het. Dit het ons ‘n hele paar jaar gevat om weer tot ons sinne te kom, maar liewer ‘laat’ as nooit. Meskien moet julle eerder begin julle geld en tyd kanaliseer na al hierdie projekte toe.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s