Orania onder die loep: R183 miljoen se ontwikkelings

‘n Universiteit, stadskern met stadsplein en baie nuwe erwe. Orania het sy multimiljoen rand ontwikkelingsplan onlangs by sy Stadskonferensie in Pretoria bekend gestel. Die plan stel vir R183 miljoen rand se ontwikkelings bekend. Maar wat behels hierdie plan en belangriker, is dit uitvoerbaar?

Die doel van die plan is om Orania van dorp tot stad uit te bou. Baie dienste, wat al in plek is, word uitgebrei en nuwe hoëfunksiedienste sal ontwikkel word. So is aangekondig dat Akademia tersiêre onderwys in Orania gaan oprig. Ook is 300 nuwe ADSL-lyne ontwikkel en is ‘n nuwe plan vir 75 nuwe subekonomiese huise met plek vir 250 nuwe inwoners bekend gestel.

Orania beplan groot projekte, wat soos in die tyd van 2008-2010 ten tyde van die vorige beplanning gebruik word om die groeipotensiaal van die dorp te aktiveer. Na jare van groei (sedert 2008), moet die nuwe plan verseker dat Orania bly groei én vinniger gaan groei. Orania se bevolking het immers gegroei van 654 in 2008 tot ongeveer 1300 nou.

Die projekte wat Orania nou afskop – of afgelope jare al afgeskop het, is:

  • Gunstige dorpsvestigingsomgewing (totaal R 41,7 miljoen)
    • Ontwikkelingskantoor (R 9,6 miljoen)
    • Uitbreiding van infrastruktuur (R 15,3 miljoen)
    • Veiligheidsnetwerke, Orania Veiligheid (R 1,8 miljoen)
    • Nuwe erwe Robynlaan, Karoosig en ander plekke (R 15 miljoen)
  • Skep oorskotkapasiteit (totaal R 58,5 miljoen)
    • Infrastruktuur vir besighede (R16,5 miljoen)
    • Gedienste nywerheidspersele (R 5 miljoen)
    • Energiebestuursplan (R 5 miljoen)
    • Sakekern met stadsplein (R 10 miljoen)
    • Nywerheidskorwe (R12 miljoen)
    • Kantoorblok (R10 miljoen)
    • Breëbandinternet (deur Telkom voorsien)
  • Vaardigheidsontwikkeling (totaal R 39,2 miljoen)
    • Onderwysontwikkeling op skoolvlak (R 26,2 miljoen)
    • Tegniese onderwys vir naskoolse studente (R 13 miljoen)
    • Tersiêre opleiding (deur Akademia voorsien)
  • Gemeenskapsontwikkeling (R19,7 miljoen)
    • Ontwikkeling van gemeenskapsgeriewe (R 6,7 miljoen)
    • Uitleg van subekonomiese erwe in Kleingeluk (R 3 miljoen)
    • Subekonomiese behuising (R 10 miljoen)
  • Kapitaalvorming (totaal R 2 miljoen)
    • Bemarking van die Orania Groeifonds
  • Inligting en skakeling (totaal R 22,2 miljoen)
    • Werksaamhede van die Orania Beweging

Dit is die planne vir die komende vyf jaar. Die groot vraag is natuurlik watter planne gerealiseer gaan word. Wat dat betref is die eerste tekens positief, omdat sommige projekte (hierbo in groen) al afgeskop is, soos die uitbreiding van infrastruktuur (kragnetwerk), die oprigting van Orania Veiligheid, en die ontwikkeling van nuwe erwe in die Robynlaan en in die nuwe Karoosig-buurt (langs die Soetdoringrylaan). Verder het die eerste tegniese kursusse by die Bo-Karoo Opleidingsentrum begin. En die eerste 10 subekonomiese erwe in Kleingeluk is reeds bebou. Nietemin is hierdie projekte, hoewel afgeskop, nog nie voltooi nie en verdere uitbreidings is reeds beplan.

Beteken die plan – as dit volledig uitgevoer gaan wees – dat Orania ‘n stad is? Nee, nie wat betref inwoneraantal nie. As die huidige groeisyfer gehandhaaf kan word, het Orania oor vyf jaar ongeveer 2000 inwoners. Dit klink soos “min”, maar Orania sal dan een van die vyf grootste Afrikanergemeenskappe in die Noord-Kaap wees.

Die plan het ook nie die direkte doel om Orania ‘n stad te maak nie, dis slegs die indirekte doel – die doel is om die groei, wat Orania ‘n stad gaan maak, te genereer en te akkomodeer. Daar word hoër funksies geskep, wat mense trek, waarna die hoër funksies uitgebrei kan word. Soos ‘n tegniese opleidingsentrum wat meer kursusse kan bied as daar meer studente kom.

Ook as Orania klein bly – en as hierdie plan uitgevoer is – sal Orania dienste kan lewer wat min klein dorpe of selfs middelgroot stede kan lewer. Met die koms van Akademia na Orania sal dié dorp alle moontlike elke moontlike vlak van onderrig kan bied: van kinderdagsorgsentrum tot en met tersiêre onderwys. Hoeveel stede met minder dan 100 000 inwoners kan tersiêre opleiding met verskeie grade aanbied? Ek ken geen voorbeeld nie.

Maar gaan hierdie ontwikkelingsplan suksesvol wees?

In die verlede het Orania baie planne gehad wat misluk het, soos ‘n melkplaas en ‘n meul. Baie van die projekte het egter plaasgevind  in die eerste 10 jaar nadat Orania gekoop is. Die dorp was toe in pioniersfase en daar is gereken met te groot groeipersentasies. Hierdie het die ekonomiese volhoubaarheid van die projekte wat gerealiseer was, gekelder. Groot mislukkings op die gebied van ontwikkeling het sedert 2008 nie weer gebeur nie, omdat die groei van Orania (9% per jaar) die stigting en groei van nuwe besighede makliker maak. Nietemin was daar ook projekte – soos die Vluytjieskraal-Noord ontwikkeling – wat minder suksesvol was, maar nie per definisie misluk is nie. Projekte wat deur Orania se eie instellings begin is, is vrywel almal voltooi. Dit dui op groot interne krag van die gemeenskap.

Die grootste vraag is hoe Orania hierdie plan gaan bekostig. Die plan van R 183,3 miljoen moet in vyf jaar voltooi wees, waarby Orania per jaar dus ongeveer R 36,6 miljoen benodig. Hoewel die begroting van die Orania Dorpsraad al die dertig miljoen rand per jaar nader en verder sal groei, kan dit nie volledig gebruik word om hierdie ekonomiese ontwikkelingsplan te implementeer nie. Basiese munisipale dienste soos vullisverwydering, watervoorsiening ens. moet mos ook betaal word. Nietemin is daar al ‘n deel van die Dorpsraad se begroting wat aan ontwikkelingsprojekte bestee word. Volgens  Rapport kan Orania se instellings self vir R148 miljoen befonds.

Die verdere finansiering sal ekstern van aard wees. Een van die doelstellings van die bekendstelling van die Ekonomiese Ontwikkelingsplan is ook om hierdie eksterne finansiering te genereer. Om die rede is ook die #mySTAD-veldtog bekendgestel. Die verwagting is seker dat eksterne finansiers die ander R35 miljoen kan borg.

As die implementering van hierdie plan slaag, word Orania regtig ‘n faktor in die breë politieke landskap en ‘n alternatief vir baie Afrikaners.

In hierdie reeks word verskillende aspekte van Orania onder die loep geneem. Die reeks verskyn onreëlmatig.

Advertisements

5 comments

    • Daar is reeds baie boere uit die omgewing wat hulself informeel ingeskakel het by Orania en Orania se arbeidspraktyke volg. Wat betref die VKN-projek, VKN se landbougrond word ten volle benut deur Orania se boere. Die voormalige werkershuisies is herstel en is verhuur en daar is ‘n nuwe kampplekke op die oewer (direk langs die al bestaande Oewerpark) gebou. Ook is daar ‘n banketsaal vir formele funksies op die oewer gebou.

      Daar word ook ongeveer 100 nuwe huise beplan, maar die bou daarvan het nog nie begin nie – slegs één is reeds gebou. Sien ook http://www.vkn.co.za

  1. Dirk, soos op Facebook inskrywings onlangs, was daar genoem dat VKN projek ‘n gedeeltelike mislukte projek was. Daar is genoem van ander mislukte projekte soos met die melkery ook vroeer jare ook. As jy nou ouer satelietfotos van Orania gaan kyk sal jy sien dat daar wel ‘paaie’ gemaak was vir die VKN projek se klomp huise, maar nou huidige satelietfotos wys daardie paaie is nou weg (toegegroei met plantegroei). Die 8x huisies was ou plaaswerker huisies wat al jare daar gestaan het & net opgegradeer was. Ook moet jy onthou dat die grootste probleem in Orania is arbeid. Omdat die dorp slegs inwoners binne in Orania kan gebruik om bouwerk te doen, is daar ‘n beperkte hoeveelheid inwoners om bouwerk te doen. Daar is reeds ‘n waglys van ‘n jaar vooruit vir huise om gebou te word. Dit belemmer dus die hoeveelheid projekte wat op enige spesifieke tyd aangepak kan word. Jy sal sien dat daar laasweek by ELIM nog 5x kamers aangebou is om te help voldoen aan die vraag van hande-arbeid. Hierdie hande-arbeid moet dus stelselmatig ‘ingevoer’ word. Arm, werklose Afrikaners moet dus na Orania gebring word (of hulle daag selfs vanself by die dorp op) en word dan ge-huisves in ELIM (vir mans) of Nerina (vir vroue). Orania gaan deur ‘n ongelooflike fase van groei, maar daar is ‘n geweldige druk op die dorpsraad om met hierdie groei tred te hou. Geld is ook ‘n geweldige faktor. Die dorpraad moet fondse beskikbaar hê om die waterpype, rioolering & elektrisiteit aan te lê. Bo-en behalwe dit moet daar ook onthou word. Al die ‘instroming’ van nuwe mense veroorsaak ‘n ander kopseer: ‘In-burgering’….. Die nuwe mense wat inkom moet van hul ou gewoontes afstand doen en reg integreer met die mense wat op Orania woon. Oud inwoners raak letterlik ge-irreteerd met nuwe intrekkers en hul ou SA maniere. Jy kan dus verstaan dat om ‘n dorp te bou na ‘n stad toe het ‘n ongelooflike klomp kopsere en is nie so maklik & eenvoudig soos wat dit op ‘n stuk papier sal lyk nie. Van hierdie kopsere is ongelukkig mislukte projekte en ook sosiale en finansiele aspekte. Soos hulle in Engels sal sê…. it really all boils down to a ‘hit & miss’ scenario. Wat wel duidelik is, is daar daar groei is en dat TE ‘n vinnige groei kan ‘n sosiale katestrofe ontketen, want TE ‘n groot hoeveelheid arm werklose mense wat net daar opdaag kan Orania groot skade berokken. Groei moet gelydelik plaasvind sodat die dorpsraad kan byhou om nie die dorp in absolute armoede te laat verval nie.

    • Baie dankie. Dit is baie belangrik om die selfwerk beginsel hou, selfs al is dit groei op die kort termyn drasties inkort. Ek glo selfwerk is die sentrale aspek van Orania. Orania groei eksponensieel, maar omdat dit ‘n dorp met ‘n paar mense nie, sal dit neem ten minste dekades om homself te omskep in ‘n stad. Maar dit lyk is ‘n groei met ‘n baie stewige fondament. Ek hoop dat die leierskap van Orania is bewus van die belangrikheid van territoriale beheer oor die lang termyn, omdat land is geneig om meer moeilik om te kry om te wees as die dekades verloop.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s