Lesersartikel: Sny los, en vind só jou vryheid

Kom ons sê hardop wat meeste mense dink: Afrikaner, jy is nie welkom in die nuwe SA nie. Dit is nie moeilik om ‘n lyn terug te trek na apartheid in elke doen en late van die hedendaagse Afrikaner nie. Nuwe metodes om die regstelling van die verlede se onreg te bewerkstellig spring soos kakiebos op en die narratief is aanvaar dat ons blote teenwoordigheid aanstoot gee.

Eintlik is die idee dat die Republiek van Suid-Afrika, met sy kolonialistiese grense en identiteitsleemte ooit ‘n harmonieuse eenheidstaat sou wees, lagwekkend. Ou (oom) Max du Preez snou my toe op Twitter dat daar nog ‘genoegsame demokratiese ruimtes’ is. Bog man, daardie ruimtes het saam met CR Swart se standbeeld in die fontein beland en word weekliks op ander maniere vertrap. Hoeveel demokratiese ruimte gee ons prys agter die hoë mure en elektriese heinings? Oor 30 jaar is Max óf seniel óf stof, en ek 59 jaar oud, so die toekoms is in ons jongeres se hande, die tyd het aangebreek om die mense wat ons skade wil berokken te ignoreer.

Daar kan nog boekdele vol gesanik word en materiaal vir nuwe hoofstukke is volop: Grond-onteiening, #Afrikaansmustfall (has fallen), dubula i’bhunu, standbeelde, misdaad. Die uitdaging lê om realistiese, werkbare oplossings the vind. Eie instellings kan ‘n goeie begin wees, Akademia is baie belowend, so ook die kultuurdorpe van Orania of Kleinfontein.

Tog bly ekonomiese maniere van selfstandigheid bo-aan die lys vir meeste Afrikaners. Die 21ste eeu is hier en met dit breek ‘n dapper nuwe wêreld aan. Vandag is dit makliker as ooit om die risiko van koppeling aan ‘n mislukkende staat te verminder. Een uitweg is die diversifisering van bates, m.a.w moenie al jou eiers in een mandjie sit nie. Selfs al begin jy klein (bv: koop net een aandeel per maand in ‘n Amerikaanse rekening) kan dit jou beskerm teen die afname in waarde van die Rand. Praat met ‘n finansiële adviseur en dring aan op diens in Afrikaans.

Daar is ander subtiele maniere van afsny; die ontwikkeling van digitale geldeenhede soos Bitcoin is interessant maar die tegnologie moet nog verfyn word, terwyl die waarde van ‘n Kruger-rand (in $-terme) oor die laaste eeu alombekend is. Tog begin alles by ‘n kopskuif, ‘n realisering, dat jy ‘n keuse het om te onttrek van ‘n plek/omstandigheid waar jy nie welkom is nie. Daar is ‘n wye wêreld daar buite, so begin sommer vandag, sny af, en vind so jou vryheid.

Hierdie artikel is geskryf deur Dirk Scheepers. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s