Lesersartikel: Veg vir jou regte!

Op 3 Augustus 2016 vind die munisipale verkiesing in Suid-Afrika plaas. Dit is uiters belangrik dat elke kieser gaan stem en nie by die huis bly nie. Elke stem tel en kan ‘n groot verskil maak.

Kiesers moet ‘n ingeligte besluit maak vir wie hul gaan stem en kyk watter party se waardes stem ooreen met hul eie waardes en dan daarvolgens stem. Moet ook nie val vir die propaganda dat jy nie vir ‘n kleiner party moet stem nie omdat jy jou stem gaan mors. Dit is bloot nie waar nie want met die proporsionele kiesstelsel gaan geen stem verlore nie en tel elke stem beslis.

In elk geval stem mens nie vir ‘n party oor sy grootte nie maar oor die waardes wat daardie party uitdra en verteenwoordig. Netso word ‘n party groter en sterker hoe meer mense vir daardie party stem.

Voel jy sterk oor Christelike waardes? Wil jy hê daar moet omgesien word na jou taal, kultuur en erfenis? Is jy moeg daarvoor dat die geskiedenis verdraai word en jou regte vertrap word?

Dan moet jy begin dink daaraan om Vryheidsfront Plus (VF+) te stem want dié party staan sterk op minderheidsregte en veg juis vir minderheidsgroepe se grondwetlike regte. Verder is die VF+ gekant teen regstellende aksie, Swart Ekonomiese Bemagtiging en grondhervorming.

Regstellende aksie veroorsaak juis dat onbevoegde persone aangestel word in posisies wat hul nie verdien nie, omdat die ANC kaderontplooiing doen in munisipaliteite en dit lei weer tot swak dienslewering. Stel bevoegde mense aan om die werk te doen sodat dienslewering kan verbeter en munisipaliteite weer optimaal kan funksioneer.

Election_posters_2014
Plakkaat van die Vryheidsfront Plus (Foto: Naudefj / Wikimedia Commons)

Die VF+ is my insiens ‘n party wat werklik mense se belange op die hart dra en wat wil sorg dat Suid-Afrika ‘n beter plek word waar elkeen se regte erken en respekteer word. ‘n Stem vir die VF+ is ‘n stem vir ‘n beter toekoms. Laat ons dus uitgaan en in duisende gaan stem vir die VF+!

Die toekoms is in elke kieser se hande en elke kieser moet gaan stem en weet dat sy stem wel ‘n verskil kan maak.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s