Marais-fonds moet Maties voor die hof daag

Noudat die Raad van die Universiteit Stellenbosch ingestem het met ‘n nuwe taalbeleid, wat Afrikaans eenvoudig tot hulptaal afgeskaal het, word nie meer aan een van die stigtingsvoorwaardes van die universiteit voldoen nie: dat Afrikaans en Nederlands geen mindere posisie as Engels by die universiteit mag hê nie:

Ter bevordering van het hoger onderwijs te Stellenbosch, doch meer beijzonder van het onderwijs in en door middel van de Hollandse taal in zijn beide vormen (dat wil zeggen Afrikaans zowel als Nederlands) en wel te dien einde dat in zodanige onderwijs de Hollandse taal in zijn beide vormen als voormeld geen mindere plaats dan de andere officiële landstaal zal innemen.”

Hierdie bepaling is vasgelê toe Jannie Marais in 1915 ‘n skenking van 100.000 pond gedoen het om die universiteit op te rig. Dit was die finale skenking wat nodig was om die benodigde fondse te kry.

Ondertussen het die US-raad op 22 Junie 2016, om 14:51 uur besluit om ‘n taalbeleid goed te keur wat Engels de facto die enigste verstektaal van die Universiteit Stellenbosch maak. Die nuwe taalbeleid word op 1 Januarie 2017 geïmplementeer, minder as 500 dae voor die universiteit se eeufees op 2 April 1918.

ouhoofgebou_weerlig
Die Ou Hoofgebou van die Universiteit Stellenbosch (Foto: Anton Jordaan/ Wikimedia Commons).

Die altyd gematigde prof. Wannie Carstens het die vergaderings van die US-raad om ‘n nuwe taalbeleid te implementeer ‘n “goedbeplande draaiboek” en “staatsgreep teen Afrikaans” genoem, waar die voorstanders van ‘n werklik meertalige taalbeleid geen kans gekry het nie. Argumente vir ‘n meertalige taalbeleid is “met dank aangehoor, maar daarna geïgnoreer,” skryf Wannie Carstens. Die artikel is ‘n moet-lees (waarskuwing: jou bloed gáán kóók).

Die wyse waarop die raadsvergaderings gehou is, as ook die wyse waarop die vergadering die bepaling van Marais gehanteer het, bied moontlikhede vir ‘n hofsaak teen die Universiteit Stellenbosch. Buitendien kan raadslede in ‘n hofsaak onder ede verhoor word, sodat daar uitgevind kan word of daar werklik ‘n vooropgesette plan was om die vergadering so te hanteer dat die uitkoms van die vergadering van te vore al vasgestaan het.

Aangesien J.H. Marais geen kinders gehad het nie, en daar geen nasate is wat in sy naam kan optree nie, sal het Jan Marais Nationale Fonds, wat in 1915 gestig is, hierdie hofsaak moet hanteer. Daar is nog ‘n bykomende voordeel: het Jan Marais Nationale Fonds sal sy boeke moet kontroleer om seker te kan maak wie die skenking aan die Universiteit Stellenbosch gedoen het: Was dit Marais persoonlik of het die geld destyds via sy testament uit dié fonds gekom? Indien die laaste die geval is, is het Jan Marais Nationale Fonds heeltemal geregtig om ‘n hofsaak te begin.

Doel van die hofsaak moet natuurlik wees om die skenking terug te vorder – in vandag se waarde. Ek is geen ekonoom nie, maar die bedrag gaan waarskynlik meer as R 10 miljoen wees.

Natuurlik moet so’n hofsaak deel wees van ‘n breër stryd teen die besluite van die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Suid-Afrika, wat op 22 Junie almal besluit het om weg te doen met Afrikaans. Beeld het die Afrikaanse gemeenskap al gevra om skenkings en debietorders aan dié instellings te onttrek, om te wys wat die gevolge is van hierdie besluit. Amper 2000 skenkers en fondse het hul skenkings by die instellings onttrek en het Akademia begin steun.

Dus onttrek jou debietorders en andere skenkings aan Maties, Tuks en Unisa en belê dit eerder in Akademia of die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Prof. Dan Kwadi van die NWU sal dalk dankbaar wees vir jou geld, maar dit sal hom waarskynlik nie daarvan weerhou om die Potchefstroomkampus eendag dieselfde pad te laat loop nie. Kies dus vir ‘n volhoubare oplossing!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s