Maak die Solidariteit Navorsingsinstituut deel van Akademia

Die Solidariteit Navorsingsinstituut moet “deel” word van Akademia, die privaat Afrikaanse universiteit wat deur Solidariteit gestig is. Die SNI is die denksentrum van die Solidariteit Beweging en verrig navorsing wat verskeie instellings van die Solidariteit Beweging (veral die vakbond)  moet help met die uitvoering van hul take.

Die belangrikste rede dat SNI eintlik deel moet word van Akademia is dat die SNI se navorsingskapasiteit kan bydra aan die uitbou van Akademia as universiteit. Akademia het tans geen navorsingstak nie en as die SNI deel word van Akademia kan daarmee ‘n begin gemaak word. Kennis en kunde van SNI kan so ook in Akademia se onderwys gebruik word.

cr3e75861
Graadvangers by Akademia (Foto: Solidariteit)

Tweedens raak die navorsingsinstituut as deel van Akademia minder afhanklik van Solidariteit. Die SNI kan onder die vlag van Akademia steeds navorsing doen vir instellings van die Solidariteit Beweging, maar ook kommersiële navorsing (in die vorm van ‘n adviesburo) aan besighede en ander organisasies kan lewer. ‘n Navorsingsinstituut wat redelik onafhanklik is en verwant is aan ‘n hoëronderwysinstelling is, kan ‘n populêre navorsingsinstituut word. Afhanklik van die vraag uit die mark kan die navorsingsinstituut verder uitgebrei word.

Derdes het die Solidariteit Beweging reeds baie kennis op verskillende gebiede, waaronder werksgeleenthede, arbeidswetgewing, minderheids- en taalregte en ander gebiede. Dié kennis is handig én geld werd.

Daar is twee nadele om die navorsingsinstituut deel van Akademia te maak. Eerstens kan die inkorporering  van die SNI in Akademia ‘n finansiële risiko wees. Tweedens is Akademia gehou aan sekere wetgewing insake sy aktiwiteite en bemarking. Indien die SNI oorgeneem word deur Akademia sal die SNI ook aan dié wetgewing moet voldoen.

‘n Ander moontlikheid is byvoorbeeld om die Solidariteit Navorsingsinstituut, wat reeds ‘n selfstandige organisasie is, te hernoem na Akademia Navorsingsinstituut, waarby dit ‘n selfstandige organisasie bly – maar verwant aan Akademia.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s