Lesersartikel: Ek stem VF+

Die 2016 munisipale verkiesing is om die draai en kiesers moet gaan stem en nie wegbly van die stembus nie. Elke stem is uiters belangrik en kan beslis ‘n verskil maak.

Natuurlik wonder almal of die ANC stemme gaan verloor of nie? Gaan die DA stemme bykry of gaan hul ook stemme verloor, veral onder die minderheidsgroepe? Hoe gaan die EFF vaar? Gaan die VF Plus ‘n verrassing lewer en hoe gaan dié party veral in die Wes-Kaap vaar? Dit gaan n baie interessante verkiesing wees, inderdaad!

Vir wie moet mens dan stem? Wel, elke persoon het ‘n stel waardes en norme waarvolgens hy leef en die beste sal wees om te kyk watter party se waardes stem ooreen met jou eie waardes en dra natuurlik ook jou belange op die hart. Waarna kan nog gekyk word? Voel jy sterk oor Christelike waardes? Lê jou taal en kultuur jou na aan die hart? Voel jy sterk oor minderheidsregte? Is jy gekant teen regstellende aksie, SEB en grondhervorming? Is jy moeg vir korrupsie en wanaanwending van belastingbetalers se geld? Wil jy graag goeie dienslewering sien en weer trots wees op jou dorp en munisipaliteit?

Dan kan ‘n kieser gerus na die VF+ kyk om voor te stem in die verkiesing en hul kruisies daar gaan trek. Die VF+ het volgens my werkbare oplossings en is ‘n dinamiese party wat veg vir n beter toekoms sodat almal in ‘n wen-wen posisie geplaas kan word. Die VF+ is beslis my keuse.

Belangrik is dat kiesers moet seker maak hul is geregistreer en dan natuurlik gaan stem op stemdag. Sien jou by die stembus!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Die volgende, laaste registrasienaweek is op 9 en 10 April 2016. Hulpbronne verskaf deur Opinieplatform se redaksie:

  • Soek hier u naaste OVK-kantoor.
  • Vind hier die status van u registrasie.
  • Lees hier hoe om te registreer.
  • Laai hier die OVK se kieserstoepassing af (beskikbaar vir alle belangrike sagtewarestelsels).
Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s