Tronke, polisiestasies sluit… Dié land is gek!

In sommige lande het die polisie ‘n groot probleem. In Suid-Afrika of Meksiko is daar byvoorbeeld te veel misdaad. In Nederland is daar – vanuit die oogpunt van die polisie – dalk te min misdaad om hul voortbestaan in sommige dorpe en stede te kan verseker.

So was daar in 2015 slegs 111 moorde in Nederland – 17% van die moorde was vermoorde misdadigers. In 2014 was daar geen moorde in die Nederlandse provinsie Drenthe nie. In die jaar was ‘n ontvoering met aanranding die swaarste misdaad in dié provinsie. Die slagoffer is later lewend in ‘n bos in ‘n ander provinsie gevind.

Vergelyking: In 2015 was daar in Suid-Afrika 17 805 moorde.

800px-police_on_event
Polisie in Nederland (Foto: Peter van der Sluis / Wikimedia Commons)

Die gebrek aan misdaad het gevolge vir die polisie. So gaan talle polisiestasies in Drenthe sluit of verander word na nie-permanente kantore. In die hele provinsie bly slegs drie (!) permanente polisiestasies oop.

Ook talle tronke word gesluit. Volgens die nuutste planne sit die hoofstad Amsterdam oor enkele jare sonder gevangenisse. Die drie tronke in die stad gaan sluit, omdat talle selle leeg is. Ander tronke bly oop, maar net omdat buitelandse gevangenes word ingevoer. So huur die Belgiese staat ‘n tronk in Tilburg (prov. Noord-Brabant) en word van Noorweë se gevangenes in Veenhuizen (prov. Drenthe) opgesluit.

Plaasmoorde? Dit bestaan nie in Nederland nie. As ‘n mens op google.nl soek na “boer vermoord” kry ‘n mens talle artikels wat verwys na Suid-Afrika…

Dit is egter onjuis dat daar geen misdaad is nie. Die misdaadsindikaat se moorde is gruwelik. En raak steeds gruweliker. So is vorige week ‘n hoof sonder liggaam voor ‘n buitelandse teewinkel gevind. Die hoof kyk met sy oë oop deur die vensters van die winkel om die besoekers te waarsku. ‘n Dag eerder het die polisie die lyk – sonder hoof – in ‘n verbrande motor gevind. Die slagoffer was ‘n veroordeelde misdadiger.

Natuurlik is daar wel ander misdaad in Nederland. Daar is veral diewe en rowers. Die meeste misdade is egter nie persoonlik nie en word gepleeg as niemand naby is nie.

Ek is geen polisie-ekspert nie, maar ek hoop dat hierdie artikel hoop kan bied. Hoop op ‘n beter toekoms in Suid-Afrika, waar mense vredig en veilig kan leef.

Advertisements

3 comments

  1. Welkom terug, Christian! Lanklaas n artikel van jou gesien. Hoop daar sal vele artikels wees van ander skrywers ook.

  2. Police stations and prisons closed in the Netherlands? I can only imagine. I wonder about white-collar (financial ones etc) criminals—they still go to prison, don’t they? At any rate, I hope things get better in South Africa.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s