Orania onder die loep: Uitkoms vir arm Afrikaners

Amper elke dag kom arm Afrikaners aan in Orania op soek na ’n nuwe lewe. Sommiges het hul laaste besittings verkoop om die reis na die dorp te kan betaal en het by aankoms niks anders as hul klere nie. Die Orania Beweging stel dat mense wat aankom, so goed as moontlik gehelp word. Maar hoe is hulp in Orania nou werklik gereël?

In Orania is verskeie maatskaplike instellings aktief, waaronder die Orania Maatskaplik Raad (OMR), wat deel is van die Dorpsraad en die Helpsaamfonds, wat deel is van die Orania Beweging. Ook Solidariteit Helpende Hand het ‘n tak in Orania. Die instellings het verskillende funksies en werk op verskeie terreine met mekaar saam.

Orania Maatskaplike Raad

Die OMR fokus veral op sosio-ekonomiese omstandighede van mense wat al reeds inwoner van Orania is. Die OMR se doel is om “die maatskaplike welsyn van al die inwoners van Orania deur maatskaplike, mediese en ander welsynsdienste te bevorder”. Die OMR word in sy uitvoering bygestaan deur die Hoof Gemeenskapsdienste van die Orania Dorpsraad.

Dit is moeilik om die OMR se dienste te beskryf, omdat die OMR veral op individuele vlak help. Die OMR  help ook om mediese dienste te voorsien en met spesifieke bemarking van Orania om sekere dienste na Orania te laat trek, soos ‘n tandarts en ‘n dokter. Beide is inmiddels op Orania beskikbaar. Ook het die OMR gehelp by die oprigting van die Huppelkind Dagsorgsentrum vir die kleinste kinders. Die OMR het ook ‘n maatskaplik werker in diens wat byvoorbeeld gesinne help om hul gesinstrukture weer te ontwikkel.

huppelkind-10d-12
Lenie Kotze (OMR) en argitek Christiaan van Zyl open die Huppelkind Dagsorgsentrum in 2015 (Foto: Orania Beweging)

Die grootste deel van die inkomste van die OMR word deur die publiek in Orania ingesamel. Die OMR hou ‘n groot jaarlikse funksie met werkgewers uit die dorp. In 2014 het die OMR met hierdie funksie R220 000 ingesamel en in 2015 ongeveer R265 000.

Solidariteit Helpende Hand, Orania-tak

Daar is ook ‘n tak van Solidariteit Helpende Hand in Orania. Dit voer basies dieselfde projekte uit as wat Helpende Hand ook in ander dorpe loods. Voorbeelde van hierdie projekte is onder andere die Skooltassie-program en die Kosblikkie-program. Die aktiwiteite word veral deur Solidariteit Helpende Hand gefinansier (wat natuurlik weer deur alle lede van Helpende Hand gefinansier word).

Privaat inisiatiewe

Naas gemeenskapsorganisasies is daar ook privaat inisiatiewe, wat veral voorsien in laekostebehuising. ‘n Voorbeeld hiervan is Sonpark, waar goedkoop huisies vir enkelpersone uit herwinbare materiale, soos skeepsvraghouers, gebou word. Daar is sedert 2012 ‘n proef met die bou van 30 van sulke huisies in die Sonpark-buurt.

Helpsaamfonds

Die Helpsaamfonds is in 2005 gestig om arm Afrikaners ‘n nuwe tuiste in Orania te kan bied. In teenstelling tot die OMR fokus die Helpsaamfonds nie op die individu, maar op die kollektief. In die begin het die Helpsaamfonds onder meer die Kuierstoep-winkelsentrum aan die Gannaboslaan ontwikkel, sodat die arm(er) inwoners ekonomiese aktiwiteite kan opbou. Winkels word verhuur aan mense wat hul eie besigheid wil begin. Sedertien het die Helpsaamfonds verskeie doele en projekte bepaal. Hieronder ‘n oorsig van die ontwikkelings wat die laaste vyf jaar plaasgevind het.

  • In 2010 is die Elim-sentrum vir enkellopende mans herstel. Opgraderings ter waarde van R1 miljoen is uitgevoer.
  • In 2011 is die Nernia-woonstelle vir enkellopende  vrouens (soms met kinders) is gebou aan die Robynlaan. Die bou van hierdie woonstelle, wat sestien vroue en kinders huisves, se koste was R1,5 miljoen.
  • In 2012 is ‘n nuwe kliniek is in die ingerig waar ‘n dokter die inwoners se gesondheid kan kontroleer. Dit het R100 000 gekos.
  • Die Soetdoring-woonstelle, wat goedkoop gehuur kan word, is naas die Kuierstoep-winkelsentrum opgerig. Die Soetdoring-kompleks bestaan uit 12 gesinswoonstelle, is in 2015 voltooi en het R6 miljoen gekos.
  • Die Olienhout-woonstelle, wat gedien het as deurgangsbehuising vir nuwe inwoners is in 2014 teen koste van R250 000 opgegradeer. Die kompleks omvat nou sewe gesinswoonstelle.
  • In 2015 is talle goedkoop erwe in Kleingeluk uitgesit, sodat mense wat nie tot die bo- of middelklas behoort nie, ook eiendom kan ontwikkel. Dit verbeter die finansiële posisie van hierdie groep. Meer as 10 huise is amper voltooi en die beplanning van die tweede fase vind tans plaas.
  • Verskeie speelparke in die dorp is ook ontwikkel en ingerig.

Tans woon meer dan 120 mense (9% van alle inwoners) in werkersklasbehuising wat ontwikkel is deur die Helpsaamfonds. Die Helpsaamfonds betaal verder per jaar meer as R200 000 aan Orania se twee skole, sodat kinders van arm ouers, wat hul kinders se skoolgeld nie kan bekostig nie, skool toe kan gaan.

Buitelandse skenkers aan die Elim-projek word bedank. (Foto: DAO)

Hoewel die Helpsaamfonds ‘n filiaal van die Orania Beweging is, moet dit grootliks sy eie begroting insamel. Ook die Helpsaamfonds organiseer suksesvolle funksies waarby geld ingesamel word. Hierdie funksies word dikwels aan ‘n spesifieke projek verbind. In 2007 het die Helpsaamfonds ‘n begroting van R66 000 gehad, waarna dit in 2012 gegroei het na ‘n begroting van meer as R2 miljoen per jaar.

Dit lyk of Orania se program vir armoedebestryding redelik omvattend is. Met hierdie instellings, tesame met Orania se ekonomiese beleid, het Orania daarin geslaag om een van die mees doeltreffende armoedebestrydingsprojekte in die land te ontwikkel. Hierdie burgerlike instellings werk op ‘n geïnstitutionaliseerde manier: Die begrotings is relatief klein, maar word effektief gebruik.

Desondanks is Orania se krag nie onbeperk nie. Daar moet onthou word dat die dorp net 1300 inwoners het. Om aan armoede te ontsnap is – ook in Orania – nie maklik nie en verg harde werk van arm mense self. Ook in Orania sal arm mense hul allerbeste beentjie voor moet sit om die spook van armoede te oorwen. Orania het dalk nie die vermoë om die Afrikaner-armoedevraagstuk op te los nie, maar Orania bied verseker ‘n uitkoms vir arm Afrikaners.

In hierdie reeks word verskillende aspekte van Orania onder die loep geneem. Die reeks verskyn onreëlmatig.

Advertisements

12 comments

  1. Ek en n vriend Piet Horn het daar a naweek so vier jaar gelede daar gaan uitkamp> Met die kot huis se voordeur oop>>Mense kinders dit was nou aangenaam. Ny vriende vertel my die plek sal ek nie meer ken nie.>> dit glo ek >> sal weer soon toe will gaan./ een v
    an die dae

  2. Waarom word die hele noord kaap nie geeis van die regering vir self beskikking nie. As hulle ons so haat en ons weg wil he hoe kan dit n probleem wees?
    Of ons die wittes moet daardie grond uitkoop stukkie vir stukkie. Verkoop stadig aan ons eiendomme in die ander provinsies. Kort voor lank is al die blankets in die noordkaap.

  3. Ek stel belang om my dienste gratis voltyds aantebied, ek is n laerskool skoolhoof en CHRISTELIKKE huweliks en gesins berader ek spesialiseer in kinders met gedrags en leer probleme asook in volwassenes met sosiale aanpassings probleme,

  4. Goeie dag, ons is n gesin met 6 kinders. Drie seuns en drie dogters, 18, 15, 10, 6, 4 en 18mde. Ons het so pas n paar dae trug ons huis en alles daarby verloor. Ons is tans op straat. Die welsyn wil net vat, maar my kids sal dit nooit oorleef nie, asseblief hoe kan ons daar in orania uiykom. Ons is in die strand. Asseblief help. Tot die kerk kan ons nie eens help nie. My nr is 0646061530

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s