Lesersartikel: Orania en Afrikaners se denke oor selfbehoud

Die onlangse artikel oor Orania se bevolkingsaanwas het betrekking. As ‘n jare lange ondersteuner van Orania was dit nog altyd vir my interessant om te sien hoe verskillende groepe die konsep van selfbehoud, en dan ook Orania sien. Die Afrikaner in die algemeen verstaan nie die konsep van selfbehoud nie en wanneer die naam Orania genoem word, verander meeste mense se prentjie na wit en swart. Soveel so dat ek al gesprekke met mense gehad het wat baie verbaas was toe ek hulle inlig dat Orania nie ‘n sogenaamde ‘gated community’ is. En dit is hierdie miskonsepsie wat ‘n direkte impak het op die bevolkingsaanwas in Orania.

Hoe sien die Afrikaner dan selfbehoud? Een van die grootste skokke vir die Afrikaner is dat selfbehoud beteken dat jy jou vinger moet trek, en jy moet hom trek in alle opsigte. Suid-Afrika in die algemeen het ‘n probleem met die konsep van lae inkomste dienslewering. Nie om dit te ontvang, maar om dit te verskaf. Hieronder tel ons skoonmakers, kelners en arbeiders ens. As ons byvoorbeeld kyk na ‘n ontwikkelde land soos die Verenigde State van Amerika (VSA) kyk, sal jy sien dat hierdie tipe betrekkings iets is waarmee mense ‘n bestaan voer. Nie net hand tot mond nie maar die tipe bestaan waarmee jy jou kinders skool toe kan stuur en ‘n huis kan koop. Dit is sekerlik deels die Afrikaner se eie skuld dat dit nie die geval in Suid-Afrika is nie. Ons weet almal dat ‘n blanke volwassene net nie onder die apartheidsregering as kelner of arbeider gewerk het nie. En dit is hierdie houding wat die konsep van selfbehoud kniehalter.

Afrikaner mans as arbeiders in Orania. Hier bou hulle in 2013 aan agt nuwe huise in die Robynlaan  (Foto: Orania Beweging / Wikimedia Commons).

Ons vind dat ons Afrikaners in twee groepe kan deel as dit kom by hoe hulle dink oor selfbehoud. Daar is die wat nie ‘n probleem het met selfbehoud solank hulle nie die werk self hoef te doen nie. En dan is daar die wat die werk self sal doen maar dan gebeur daar ‘n baie interessante ding – selfverarming. Dit is nou maar ‘n feit soos wors dat daar altyd klasse in enige beskawing bestaan. Almal kan nie ryk wees en almal kan nie base wees nie. Maar wat lande soos Suid-Afrika anders maak (daar is ander) van byvoorbeeld die VSA is die feit dat die Afrikanervolk maar te maklik hulle minder gegoedes as slawe sien. Verarming in Derde Wêreld is nie net die geldelike aspek maar sluit ook die algemene houding en uitkyk. As jy byvoorbeeld die deursnit Eerstewêreldinwoner en Derdewêreldinwoner wat onder die broodlyn leef met mekaar sou vergelyk is dit duidelik dat hulle anders daarom sien. Die Derdewêreldinwoner kom onderdruk en afgeleef voor, self slaafs. In die opsig deel die Afrikaner die kenmerk.

Ons kan die oorsprong hiervan nie voor die huidige geslag Afrikaner neerlê nie maar dit is beslis iets wat moet verander as ons ‘n volhoubare groei van die Afrikanervolk wil sien in die toekoms. Menige voornemende Orania bewoners word afgeskrik deur die feit dat hy/sy as arbeider vir ‘n wit baas moet werk bloot oor hoe so ‘n arbeider lyk. Wie sien tog ‘n toekoms daarin?

As Afrikaner moet ons leer en aanvaar dat jy arm kan wees sonder om arm te lyk en dan ook om alle beroepe te respekteer, of dit nou die mediese dokter, die kelner of die skoonmaker is, almal is nodig om ‘n gemeenskap te laat werk. Om armer te wees as die volgende persoon beteken nie jy moet ‘n slaaf wees en hierteen moet die Afrikaner waak – om nie sy eie volk in slawerny in te lei. Afrikaners moet insien dat Eerstewêreldstandaarde ryk én arm mense insluit.

Dus behels die konsep van selfbehoud nie die misbruik van mense in nie maar eerder die gebruik van mense. Mense wat nie skroom om saam te werk vir die einddoel van selfbeskikking.

Hierdie artikel is geskryf deur ‘Woestyn Afrikaner’. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

  1. Hier is Orania se huidige bevolkingsgroei…… Lyk my na ‘n groeiende sukses!

    ****
    **** ****
    **** ****
    **** ****
    **** ****
    **** **** ****
    **** **** ****
    **** **** ****
    * **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** **** ****
    ’91 ‘00 ‘011 ‘015 ‘017

  2. Hier is Orania se huidige bevolkingsgroei…… Lyk my na ‘n groeiende sukses!

    ****
    **** ****
    **** ****
    **** ****
    **** ****
    **** **** ****
    **** **** ****
    **** **** ****
    * **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** ****
    **** **** **** **** ****

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s