Dit is in 2016 weer ‘n verkiesingsjaar. Ja, die munisipale verkiesing is om die draai en kiesers moet seker maak hulle is geregistreer om te kan stem! Mense wat nie geregistreer is nie, kan nie stem nie en dit is ‘n verlore stem.
Kiesers moet seker maak hulle is geregistreer by die naaste stempunt aan waar hul woon want in ‘n munisipale verkiesing kan jy net stem in die kiesdistrik waar jy woonagtig is. Daar sal natuurlik weer naweke uitgesit word deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) waar kiesers na hul stempunte kan gaan om hul registrasiebesonderhede na te gaan of te registreer indien hul dit nog nie gedoen het nie.

Mense kan ook intussen na hul plaaslike OVK-kantoor gaan en daar gaan registreer.
Kiesers kan ook hul ID-nommer sms na die OVK se smslyn by 32810 en hulle sal dan ‘n sms terug ontvang wat sal aandui waar hulle geregistreer is.
Maak dus seker jy is geregistreer en gaan stem dan ook op stemdag want elke stem tel en kan ‘n verskil maak. Kiesers moet ook stem vir ‘n party met die waardes naaste aan hul eie waardes en ook werklik hul belange op die hart dra.
Myns insiens is so ‘n party die VF+ en sal dit my beste besluit wees as ek my kruisie gaan trek agter die VF+ se naam en hul kandidate.
Laat ons opstaan soos een man, saamstaan en gaan stem, want saam is ons sterker!
Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.
Hulpbronne verskaf deur Opinieplatform se redaksie:
- Soek hier u naaste OVK-kantoor.
- Vind hier die status van u registrasie.
- Lees hier hoe om te registreer.
- Laai hier die OVK se kieserstoepassing af (beskikbaar vir alle belangrike sagtewarestelsels).
Hallo ons gaan weg die week van verkiessing. kan iemand voor 1ste Aug. na ons to kan kom dat ons kan stem.
Wilma, daar kan aansoek gedoen word vir n spesiale stem deur na jou OVK kantoor te gaan en daar n vorm in te vul of dit kan aanlyn gedoen word deur te gaan na die OVK se webwerf. Let daarop dat spesiale stemme op 1 en 2 Augustus 2016 plaasvind.
поисковая оптимизация сайта seo
с помощью агрегатора сайтов
http://s45.radikal.ru/i110/1702/c6/e28611ea9003.gif
продвижение сайта в яндекс
$$+$$*