Orania onder die loep: Inwoneraantal

Orania vier sy 25ste bestaansjaar in 2016. Daar is al baie oor die dorp geskryf. Baie negatiewe stories waar net die lelike dinge aandag kry of juist erg positiewe stories, waaruit amper alle lelike dinge weggelaat is. ‘n Tipe balans – as dit al bestaan in die media – is moeilik te vind. In ‘n reeks artikels gaan ons kyk wat waar en wat nie waar is nie.

Lugfoto van Orania in 2015 (Foto: Orania Beweging / Wikimedia Commons)

Baie mense spot maar oor Orania se inwoneraantal. Soms is dit nie net mense nie, maar ook belangrike organisasies, soos die Amerikaanse diplomatieke verteenwoordiging wat Orania in 2004 omskryf het as “unimpressive place to visit” en “not a town with a promising future“. Hierdie beskrywing is nie verwonderlik nie, want Orania het in 2004 ongeveer 520 inwoners gehad, terwyl die oorspronklike teiken in 1991 60 000 inwoners in 2006 was. Ander kant is dit natuurlik ‘n kompliment vir Orania dat selfs die Amerikaanse diplomatieke diens belangstelling (gehad) het in die ontwikkeling van Orania.

Orania het ‘n lank geskiedenis met groot projekte wat nooit werklikheid geword het nie. Sommige projekte is begin onder onrealistiese groeiverwagtings. ‘n Groot melkery en ‘n graanmeul het misluk. Ná die mislukkings was daar in die jare 2000-2006 nouliks groei. Die bevolking was konstant rond 520. Orania was duidelik nog in ‘n pioniersfase, onaantreklik vir die wat meer sekerheid wou hê. In sekere jare het die inwoneraantal selfs kleiner geword.

Orania het later gaan fokus op meer klein projekte, wat deur een of twee investeerders bekostig kan word. Dit is waarskynlik die rede hoekom Orania sedert 2006 begin verder groei. Tydens die sensus van 2011 was daar 892 inwoners. Drie jaar later in 2014, het Orania se bevolking verdubbel ten opsigte van 2006.  Die plaaslike sensus en sosio-ekonomiese opname het in 2014 uitgewys daar was 1 084 inwoners.

Daar is seker iets gebeur, want Orania se bevolkingsgroei het tussen 2001 en 2006 met ‘n stadige 0,4% per jaar gegroei, terwyl die groeikoers daarna ontplof het. Tussen 2006 en 2014 het Orania met 9,3% per jaar gegroei. Ja, u lees dit goed: amper 10% per jaar.

Die inwoneraantal van Orania volgens verskeie mediaberigte. Die grafiek wyk daarom ‘n bietjie af van die nasionale en plaaslike sensusse. (Foto: Underlying lk / Wikimedia Commons)

Orania is tans een van die tien grootste Afrikanergemeenskappe in die Noord-Kaap. Daar woon tans meer Afrikaners in Orania as in Calvinia, Hartswater, Hopetown of Prieska.

Indien Orania sy groeikoers van 9,3% per jaar kan vashou – soos in die voorgaande agt jare – gaan Orania oor 5 jaar die merk van 2 000 inwoners oorskry en oor sewe jaar een van die vyf grootste Afrikanergemeenskappe in die Noord-Kaap wees.

Dit is die vraag of Orania in staat sal wees om hierdie  groot, voortdurende groei te akkomodeer. Die groei tot en met 2013 is veral opgevang in bestaande huise, waarby byvoorbeeld ‘n enkelloper Orania verlaat het en sy huis verkoop aan ‘n gesin wat na Orania trek. Vanaf 2014 het daar egter groot konstruksiewerke begin. Meer as 50 erwe is uitgesit vir die nuwe Karoosig-woonbuurt en langs die Kloekiesingel is goedkoop erwe bebou om eiendom onder armer mense te stimuleer.

Die meeste nuwe inwoners bou nog steeds hul eie huise, maar daar was in 2012 al reeds ses permanente bouspanne en verskillende professionele boukontrakteurs. Die vraag is egter of hierdie bouspanne reeds 40 huise per jaar kan bou om die groei van die dorp te kan akkomodeer. In 2015 is daar minstens 25 huise gebou, twee winkelsentrums voltooi (waarvan een meer as 10 geboue het) en daar word gewerk aan ‘n tegniese opleidingsentrum. Noudat hierdie projekte – wat nie direk met privaat woningbou te doen het nie – amper almal voltooi is, kan die kapasiteit weer vir privaat woningbou gebruik word.

Oh, en voordat ek vergeet: Die Orania Beweging het in Desember 2015 so bietjie agteraf op hul Facebookblad – op ‘n beskuldiging dat die dorp slegs 800 inwoners sou hê – geantwoord dat daar tans amper 1 300 mense in die dorp woon…

In hierdie reeks word verskillende aspekte van Orania onder die loep geneem. Die reeks verskyn onreëlmatig.

Advertisements

6 comments

  1. Orania is n goeie voorbeeld van hoe selfbeskikking prakties toegepas moet word en ook hoe suksesvol dit is. Orania en sy mense moet voortgaan met hul goeie werk en ek kan net sê baie geluk met al jul suksesse. Doen so voort!

  2. Orania is ‘n werklike realiteit wat by al meer Afrikaners aanklank vind. Hierdie model is ‘n bewys dat strewe na selfbeskikking werk. Hulle jaarlikse begroting trek al by R27mil per jaar. Die doemprofete het ‘n baie duur les geleer. Moenie als afskiet omdat julle nie eers seker maak van julle feite nie. Gaan na Orania toe en gaan kyk wat daar aangaan voordat julle grootbek die plek en sy mense wil slegsê.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s