Afrikaanse koerante moet diversifiseer en kompeteer

Die Afrikaanse koerante van Media24 hardloop hul eie graf toe. Die oplaes daal so hard dat daar verskeie oorsake moet wees, uiteenlopend van ekonomiese faktore tot die slegte voeling wat die joernalis Adriaan Basson met sy lesers het.

naspers_centre_wdc_2014
Die Media24-sentrum aan die Heerengracht in Kaapstad. (Foto: HelenOnline / Wikimedia Commons)

Want die man is eenvoudig die verkeerde joernalis vir die verkeerde koerant. Dit skaad nie net die hele Afrikaanse gemeenskap, maar ook die toekoms van Adriaan Basson sélf. Gee hom asb. die beheer oor ‘n Engelse koerant; hy gaan – ondanks alle kwaliteite wat hy saambring – nie die redder van die Afrikaanse koerante wees nie.

Noudat Beeld skielik se politieke koers skielik begin draai, druk Basson sy mening af op Netwerk24. So is die titel van die berig oor die skokaankondiging van die taalbesluit by Stellenbosch op 12 November op Netwerk24 verskeie kere verander, sodat die berig steeds ‘n bietjie minder skokkend lyk.

Een ding is duidelik, die Afrikaanse koerante is op pad graf toe as daar niks verander nie. Daar is reeds talle oorsake uitgewys en ek gaan nie weer oor dié oorsake uitwei nie.

Die enigste oplossing wat die koerante sélf kan doen, is om die voeling tussen die koerant se redaksie en die lesers te herstel. Dit eis nie noodsaaklik deeglike en neutrale joernalistiek nie, maar soms ook tendensieuse beriggewing.

Die probleem met die huidige opset van die koerante – per geografiese gebied – is dat daar ‘n tipe inklusiwiteit is, waarby mense word gedwing om nuus of standpunte te lees waar hulle anders oor dink. In die gepolariseerde samelewing van Suid-Afrika wil mense ontsnap aan die permanente spanning en hulle het geen behoefte aan dié spannings in hul huise nie.

Die Afrikaanse koerante sal dus niet per gebied versprei moet word, maar landwyd, waarby elke  koerant duidelik sy eie politieke kenmerke het – regs, links, midde, sodat mense kan besluit of hulle byvoorbeeld artikels van Piet Croucamp of Flip Buys wil lees, wat dan in afsonderlike koerante sal verskyn.

‘n Mens wil veilig voel in sy huis, nuus lees wat sy dag lekker laat begin of wat hom laat dink oor goed wat in die land aangaan. ‘n Mens wil nie noodsaaklik lees oor die pot stront wat die ANC daagliks op die land afdruk nie.

‘n Koerant moet pas soos ‘n baadjie. Dit moet warm wees as jy koud of eensaam voel, en dit moet koud wees om jou skerp te hou en jou intellektueel uit te daag. Buitendien moet dit beskerm en sy stem dik maak as die belange van sy lesers geknou word.

‘n Koerant moet alles wees wat Beeld die afgelope jare nie was nie.

Diversifikasie is die towerwoord, iets wat Flip Buys en sy Solidariteit Beweging met vele organisasies – vir elk ‘n tuiste – lankal verstaan het. Weg met die keurslyf van politieke eensgesindheid uit welke rigting ook.

Laat Beeld, Volksblad en Die Burger landwyd met mekaar kompeteer. Dit kos Media24 niks ekstra’s nie, omdat al hul distribusielyne reeds bestaan. Wel gee dit beter oorsig in menings wat in Afrikaanssprekende gemeenskap heers, vervreem dit minder mense, gee dit hoër winste vir Media 24 en kan dit die groeiende kollektiewe politieke apatie onder Afrikaanssprekendes help keer.

 

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s