Lesersartikel: Beskerm Afrikaans teen dié wat dit wil afskaf

Prof. Hein Willemse van die Universiteit van Pretoria het blykbaar gesê dat Afrikaans gered moet word van Afrikaner-nasionaliste. Waarom hy so dink sal net hy weet. Feit van die saak is dat baie groepe Afrikaans praat, lees en skryf.

Die Afrikaner is een van daai groepe en sy taal is Afrikaans. As die Afrikaanse taal onder druk geplaas word is dit tog net logies dat die Afrikaner sal opstaan vir sy taal en sorg dat dit nie benadeel en vertrap word nie. Beteken dit die Afrikaner eis nou die taal vir homself op?  Die antwoord is ‘n besliste nee.

800px-ou_lettere2c_f2c_tuks
Die Ou Letteregebou van die Universiteit van Pretoria (Foto: JMK / Wikimedia Commons)

Die Afrikaner kan egter nie namens die ander Afrikaanssprekende groepe opstaan vir die taal nie. Daardie groepe moet dit self doen. Wat dan wel kan gebeur is dat die Afrikaner en ander Afrikaanssprekende groepe kan saamwerk om die taal te beskerm en te sorg dat dit nie tot niet gaan nie, maar uitgebou en bevorder word op alle vlakke.

Die taal hoef dus nie beskerm te word teen Afrikaner-nasionaliste nie, maar eerder teen diegene wat nie wil hê Afrikaans moet meer in skole en universiteite gebruik word nie. Dít is eerder die gevaar waarna gekyk moet word. Daar kan nie toegelaat word dat Afrikaans sy hoër funksie verloor nie, met ander woorde: die taal moet sy plek behou by instellings soos die howe, parlement, staatsdepartemente en dies meer.

Dis ook uiters belangrik dat Afrikaans behou word in skole, universiteite en ander plekke van onderrig. Moedertaal onderrig is baie belangrik vir elke persoon, veral vir kinders op skool. Enige persoon wat onderrig in sy moedertaal kry verstaan dan dit wat hy leer beter en presteer ook beter.

Dis elkeen se reg om sy taal vrylik te kan praat, te lees, te skryf en onderrig daarin te kan ontvang. Dis dan ook net reg dat daar Afrikaanse skole en universiteite moet wees vir die Afrikaanssprekende.

Laat ons dus opstaan vir ons taal, Afrikaans, en veg vir ons reg om dit oral te kan gebruik. Ons mag nie toelaat dat Afrikaans vertrap en uitgewerk word nie. Ons is dit aan onsself en ons nageslag verskuldig.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s