Springbokke het Suid-Afrika trots gemaak

Na 40 minute se spel het Suid-Afrika se Springbokke vriend en vyand in die rugbywereld verras. Dis halftyd op Twickenham en die Bokke loop voor teen die magtige All Blacks, die wêreldkampioene.

Die Springbokke was nie perfek nie. Maar hulle het probeer. Habana se dissipline was ietwat teleurstellend, veral na sy uitstekende begin in die wedstryd. Maar hierdie Springbokspan het nie die land teleurgestel nie. Teen Japan wel, maar nie vanaand nie.

Die aandag sal nou verskuif na die wedstryd tussen Argentinië en Australië. Dit is geen gegewe dat Australië hierdie wedstryd sal wen nie. Wen die Poemas, dan sal daar ook weer rugbygeskiedenis gemaak word want dit sal die eerste Poemas span wees wat daarin sal slaag om na die finaal deur te dring, waar hulle nie genoeg skietgoed sal he vir die magtige All Blacks nie.

Daar is nou net drie spanne wat nog ’n kans staan, en dit lyk al meer onwaarskynlik dat iemand nou die magtige All Blacks sal keer. Hulle sal na alle waarskynlikheid nou die heel eerste rugbyspan word wat die William Webb Ellis trofee suksesvol sal verdedig.

Vir Suid-Afrika wag die uitspeelwedstryd vir derde en vierde posisie nou. Miskien kan Habana nog sy drie kry…

Dit is die agste wêreldbeker. Ek was te jonk om die eerste twee bekers mee te maak, en dit was ook die jare van apartheid isolasie, toe Suid-Afrika weens boikotte nie kon deelneem nie.

Die spel het dramaties verander en dit is waarlik besig om nou ’n wêreldsport te word. Dit is ietwat teleurstellend dat geen span van die Noordelike halfrond kon deurdring na die top vier nie. En dis ook teleurstellend dan die All Blacks in so mate domineer. Maar vir die Bokke om na 80 minute met twee punte te verloor, dis ’n waardige verloor. Engeland se rugbyspan was ook veral teleurstellend. So ook die Franse. Skotland is skynbaar ’n onreg aangedoen en die Australiese span moes dalk nie in die semifinaal gewees het more nie. Maar dit illustreer net weer opnuut die opkoms van die Poemas. Die Poemas, anders as twintig jaar gelede, is vandag ’n span waarmee rekening gehou moet word. Hulle is een van die grotes.

Die 2015 toernooi was ’n skouspel, en Suid-Afrika sal teleurgesteld wees maar kan voel hulle is steeds ’n krag in wêreldrugby. Dit was ’n teleurstellende jaar vir Suid-Afrika se Springbokke, en juis daarom is hierdie verloor met twee punte ’n verassing. Dit was ’n waardige verloor. As mens se span so verloor, dan pla dit nie regtig nie.

Advertisements

One comment

  1. Die Bokke het goeie spel gelewer in die 1ste helfte teen die All Blacks. Die All Blacks was onder baie druk en het bekommerd begin lyk. Ongelukkig kon die Bokke nie dieselfde goeie spel lewer in die 2de helfte nie en het foute op kritieke oomblikke gemaak. Nogtans het die Springbokke hul bes gedoen en het teen n goeie span verloor. Die All Blacks kan egter geklop word en die Bokke het dit amper gedoen.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s