Media24 skitter te midde van studentechaos

Hier langs my le ’n boek getiteld: ‘Is die Bybel betroubaar? Wat dan van al die probleme?’ en dis een die hordes titels uit die pen van die Unisa akademikus Adrio König.  Ek deel nie König se geloof nie. Hy is wat ek sal noem ’n tradisionele Christen wat glo aan die triniteitsleer. Ek dwing myself soms om, by my standaarde, ‘vreemde’ lektuur te lees. En soms, net soms, beloon dit my. Ek lees knaend. Daar is mense wat veel meer belese as ek is. Ek lees nie om elke boek op aarde te probeer lees nie. Ek lees wat dit stimuleer my. Dit verruim my. En ek beveel König se boek aan. Hy skryf baie dinge wat ek nie geweet het nie. Waarby ek kon leer. En sommige dinge waarvan ek verskil. Opvallend egter moedig hy in sy boek mense aan om hulleself bloot te stel aan andere se idees oor God en die Bybel.

Hoe het die wêreld darem nie verander nie! Dit was ongehoord dertig of wat jare gelede dat teoloë ons aangemoedig het om onsself bloot te stel aan andere se persepsies. Maar hier sit ons vandag, en dit is hoe dit nou is. Dit is vir my duidelik dat Adrio König voel dat hy verryk is deur wat hy kon leer van mense wat anders as hy dink. Ek kan van presies dieselfde ding getuig, en ek en hy het nie eens dieselfde geloof nie…

Dit bring ons by die dekking van vandag se gebeure. Suid-Afrika is geskud deur studenteoproerigheid. Oral in die land protesteer studente. Hulle het dit teen die verhoging in klasgelde by die universiteite. Die studente voel uitsigloos en onderdruk. Maar daar is mense wat sê aikona – julle is ondankbaar.

Woorde en dialoog. Dit doen soms niks, en dit doen soms alles. En selfs wanneer dit op die oog af niks doen nie, dan plant dit tog saadjies orals.

Een van die heel grootste tragedies wat Suid-Afrika getref het, was die isolasie van apartheid. Ons land worstel vandag nog met die nalatenskap hiervan. Veral op kerklike vlak lewe baie Suid-Afrikaners nog in die teologiese grotman era. Argeologiese ontdekkings, teologiese diskoerse en ontwikkelinge, al hierdie dinge was die mense van ons land vir lank ontneem.

Dit is opmerklik hoe die grootste kritici van Naspers, die sogenaamde ‘Boikot Naspers’ beweging, self nou maar eenvoudig net nie kan ophou om Naspers se media te lees nie. Die Boikot Naspers se grootste proseliete het hulle roem gebou op die Huisgenoot, en bou steeds hulle roem om streekskoerante van Naspers soos die Bloemnuus.

Want kom ons wees nou eerlik, wie wil NIE ingelig wees nie? Wie wil NIE deel wees van ’n media wat relevant is nie? Al vertel dit dinge waarvan jy dalk nie hou nie. En dalk juis daarom!

Verskillende stemme is op hierdie platforms gehoor. Ongelukkig is dit nou wel Engelse plaforms, maar dit is daar buite en mense kan kennis neem van mekaar.

Dit is ’n groot bekommernis dat studente voel dat onderwys, die een ding wat hulle moet help om hulle uit hulle armoede te kry, eintlik verander het in ’n sisteem van bevoorregting en onderdrukking. Dit is ’n tragedie dat hierdie denkrigting bestaan onder baie jongmense, ’n uitsigloosheid oor onderwys en opleiding. Des te meer omdat skole en universiteite die plekke moet wees waar mense se gedagtes bevry moet word.

Net soos in 1976, is dit weer die jongmense wat skynbaar besig is om ’n nasie tot selfondersoek te dwing.

Maar sou ons sonder die jeug van 1976 vir NASPERS in sy huidige vorm gesien het? Ons het die afgelope dae uiteenlopende stemme gehoor op die Media24 platform. En dit is wat ons nodig het. Ons het nodig dat mense kennis neem van mekaar se lief en leed. Ons het nodig dat verskillende mense blootgestel word aan mekaar se menings.

Ons het meer skrywers soos Adrio König nodig.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s