Die land van die silwer varing behoort as wenners uit die stryd te tree, maar…

Dit is maar swaar om die versoeking te weerstaan en nie saam met almal te gis oor wat Saterdag op ons wag nie. Ons praat nou van Suid-Afrika se Springbokke wat in aksie gaan wees teen die magtige All Blacks. Daardie magtige masjien. En met daardie giftige agterspelers van hulle wat ons weer herinner aan 1995. Aan Jonah Lomu. En wat is die arme Bokke se kans teen so giftige span. Hulle wen die Franse met amper 50 punte! Die Bokke wen dramaties net-net teen Wallis…

Welwitschias (Namibië) se Johan Tromp en Conrad Marais kan nie keer dat All Blacks (Nieu-Seeland) se Beauden Barrett ‘n drie druk tydens die 2015 WB Rugby nie. (Foto: etgohome1 / Wikimedia Commons)

Maar die parallelle met 1995 moet ons juis nie vergeet nie. Ek dink enige persoon is verspot om te dink dat die All Blacks nie die gunstelinge is nie. Dit is hulle beslis. Nes in 1995. Maar miskien moet mens tog versigtig wees om die afgelope naweek se wedstryde as maatstaf te gebruik vir wat voorlê. Die koerante het dit uitgebasuin vandag dat die Bokke ’n ander benadering sal moet volg as teen Wallis. Ek dink dit is voor die hand liggend. Die All Blacks gaan te sterk wees vir die tipe rugby wat die Bokke teen Wallis opgedis het. Trouens die Walliesers was self amper te sterk daarvoor en die Bokke kan hulleself niks minder as gelukkig ag om in die top 4 van die kompetisie te kan wees nie.

Die tipe rugby wat Suid-Afrika gespeel het was moontlik van die mees verveligste en onaankoulikste wat mens kon kry.

Mens kan gis oor hierdie saak en raaiskote maak. Maar uiteindelik sal ons maar geduldig moet wag vir Saterdag. Wie weet wat op so dag kan gebeur? My vermoede en raaiskoot is dat die All Blacks self maar versigtig sal wees. Hulle sal ’n soortgelyke spelplan volg as die Springbokke en ’n mengsel van gestruktureerde en ongestruktureerde rugby speel. En hulle sal na alle waarskynlikheid te sterk wees vir Suid-Afrika. Enige regdenkende mens verwag tog dat hulle sterker as Suid-Afrika gaan wees.

Die lewe is egter mos maar dikwels baie onvoorspelbaar. Dinge loop dalk net reg vir die Bokke op die dag.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s