Lesersartikel: Dank vir Generaal Viljoen

Ek het nou al baie boeke gelees wat deur ‘n verskeidenheid van skrywers geskryf is oor die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die oorlog in Namibië en Angola. Meeste van die boeke is puik geskryf en dit laat mens terugdink aan jou dae in die SAW. Dit bied ook goeie insig aan wat presies gebeur het en persone wat nie destyds in die SAW was nie, sal dit ook geniet om te lees.

Soos gesê, dit laat mens terugdink en een persoon wat altyd in my gedagtes opkom is Generaal Constand Viljoen. In die tyd wat ek in die SAW was, was hy die Hoof van die Weermag. Generaal Viljoen was seer sekerlik een van die beste Generaals wat daar was en ‘n uitmuntende militaris. Netso was hy iemand wat besorgd was oor sy manskappe en het altyd gesorg dat daar ordentlik omgesien word na hulle. Hy was iemand wat groot respek gehad het onder die soldate en hy was iemand waarna mens kon opkyk. Hy was ‘n goeie rolmodel vir enige jong mens.

Generaal Constand Viljoen (regs) loop agter Staatspresident P.W. Botha tydens sy inhuldiging as staatspresident op 3 September 1984 (Foto: Ian Barbour / Wikimedia Commons)

Ekself het Generaal Viljoen persoonlik ontmoet by 10 Pantser in Oshakati toe hy besoek daar afgelê het by ons. Dit was Oukersaand, 24 Desember 1984. Dit was vir my as 18 jarige ‘n geweldige voorreg gewees om sy hand te skud en met hom te gesels. Hy het ons almal dieselfde behandel en nie gedink hy is beter as ons net omdat hy  n Generaal is nie. Hy was plat op die aarde en baie ordentlik. Dit het ‘n baie groot indruk op my gemaak as jong soldaat.

Ek wil dus hulde bring aan Generaal Viljoen en vir hom dankie sê vir dít wat hy vir ons gedoen en beteken het op militêre gebied en ook later in die politieke arena as leier van die Vryheidsfront. Generaal Viljoen is n goeie, ordentlike mens met integriteit en ‘n ware leier. Generaal Viljoen, ek salueer u!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s