Lesersartikel: Eish, Bokke! Julle het verloor – teen Japan!!

Die Rugbywêreldbeker is aan die gang en het sy eerste skok en verrassing opgelewer. Saterdag 19 September 2015 sal altyd onthou word.

Dit was die dag toe Japan vir Suid-Afrika lelik ore aangesit het op die rugbyveld. Almal het gedink die Springbokke gaan maklik en vêr wen. Dit lyk ook of die Bokke gedink het hul moet maar net opdaag en wen.

Die Springbokke is tot in hul fondamente geskud en daar sal nou drasties iets gedoen moet word as hul nog die wêreldbeker wil wen.

Die Bokke het planloos gelyk en stampkarrugby gespeel. Hulle spel was voorspelbaar en verbeeldingloos. Daarteenoor het Japan briljant rugby opedis en baie goeie bewegings uitgevoer. Hul het verdien om te wen. Sake is nog nie verlore vir die Bokke nie, maar dan sal hul spelpatroon moet verander en hul sal die beste spelers moet inspan.

Wedstryd tussen SA en Fidji tydens die rugbywêreldbeker in 2011. (Foto: Craig Boyd / Wikimedia Commons)

Victor Matfield sal homself moet regruk as hy wil voortgaan om in die beginspan te wil speel, andersins moet hy op die reserwebank wees en slegs laaste 10 minute opgestuur word om kalmte te bring. Jean de Villiers is slegs ‘n skadu van die speler wat hy was en behoort glad nie eens te speel nie. Gebruik hom as mentor of iets dergliks van die veld af. Daar sal plek gemaak moet word vir Damian de Allende en Willie le Roux en natuurlik het die Bokke ook ‘n probleem by die losvoorspelers. Duanne Vermeulen en Willem Alberts is ‘n moet op agtsteman en flank. Dit is ook jammer baljagters soos Marcel Coetzee en Heinrich Brussouw is nie gekies vir die wêreldbekergroep nie.

Kom ons hoop die Bokke is wakker geskud deur hierdie verloor teen Japan en dat hul nou met beter rugby vorendag sal kom. Die enigste ding wat nou sal vergoed vir die loesing teen Japan, is dat die Springbokke die eindstryd sal haal en die beker wen. Dit is nog moontlik, want waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

3 comments

  1. Woesdag 23 September 2015 speel Japan teen Skotland en dit gaan baie interessant wees. Hopelik wen Skotland en bewys sodoende die Bokke n guns. Dan moet Bokke net sorg hul wen hul oorblywende 3 groepwedstryde en wen dit ook goed!

  2. Die Bokke klop Samoa 46-6. Wel gedaan! Dis mos hoe ons die Bokke ken en as hul hierdie goeie vertoning kan voortsit ‘ kan ons die beker wen. Kom Bokke, jul kan dit doen!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s