Het Afrikaans nog ‘n bestaansreg in Suid-Afrika? Die antwoord is ‘n besliste ja! Afrikaans is ‘n inheemse taal en het hier in Afrika ontstaan, nie in Europa of ‘n ander vasteland nie. Dit is baie mense se moedertaal en word gepraat, gelees en geskryf deur mense van alle rasse.

Dit is dus onregverdig om die taal te brandmerk as ‘n taal wat ander mense onderdruk.
Netso kan daar ook nie gesê word dat Afrikaans bevoordeel word bo ander tale nie, inteendeel word dit al hoe meer benadeel en die gebruikers van die taal trek aan die kortste end.
Daar is ‘n oproep deur sekere groepe dat daar weggedoen moet word met die taal en slegs Engels gebruik moet word. Ons kan sien hoe Afrikaanse skole geteiken word en ook hoe daar by universiteite gepoog word om Afrikaans uit te werk.
Feit van die saak is dat Afrikaans op alle vlakke gebruik moet word, vanaf waar dit by die huis gepraat word tot by die skole, universiteite, howe, staatsdepartemente en dies meer. Verder moet ander inheemse tale ook bevorder word, want dit is elkeen se reg om sy moedertaal te kan gebruik en onderrig te kan word in sy taal.
Engels is belangrik, maar moenie bevorder word en afgedwing word op mense ten koste van Afrikaans en ander inheemse tale nie.
Daar moet opgehou word om Afrikaans te probeer vernietig en as sondebok voor te hou wat net probleme gee en ‘n struikelblok is vir ander. Dit is mos net nie waar nie.
Afrikaans word gepraat, gelees en geskryf deur mense van alle rasse.
Afrikaans wil niemand onderdruk nie en wil ‘n positiewe bydrae lewer tot voordeel van almal. Gee Afrikaans sy regmatige plek en gee mense die geleentheid om te onderrig word in hul moedertaal op skool, universiteite en ander instellings. Dit is tog net reg en regverdig teenoor Afrikaans en sy gebruikers.
Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.
lAAT ONS BY AFRIKAANS BEHOU OP ALLE OPLELIDINGSVLAKKE E DIE GESKIEDENIS DRV BEWAAR
Laat ons afrikaans behou op alle opleidigsvlakke en die geskiedenis bewaar
Ek stem saam, Martin. Afrikaans moet gebruik word tot op die hoogste vlak en mense moet die reg hê om opleiding in Afrikaans te kan ontvang.