Lesersartikel: Springbokke, ons steun julle!

Die Rugbywêreldbeker is amper hier en ek glo almal is baie opgewonde en kan nie wag dat dit moet begin nie. Die vraag is natuurlik hoe die Springbokke gaan vaar en of hul die wereldbeker vir ‘n derde keer kan wen. Die eerste keer was natuurlik in 1995 en die tweede keer in 2007.

Suid-Afrika druk ‘n drie teen Engeland tydens die WB in 2007. (Foto: Fabien Dany – http://www.fabiendany.com / Wikimedia Commons)

Die Springbokke het die spelers om dit te kan doen en ook ‘n goeie afrigter in Heyneke Meyer. Die spelers glo in hulself en het in die tweede toets teen Argentinië gewys hul kan die druk verwerk en die wa deur die drif trek. Hulle het tipiese wêreldbeker rugby gespeel en dit kan dus net beter gaan vorentoe.

Die Springbokke behoort hul groep maklik te wen en dan wag daar ‘n kwarteindstryd heel waarskynlik teen Australië of Engeland. Dit gaan baie interessant wees! Spelers wat kan uitblink vir die Bokke kan manne wees soos Jesse Kriel, Damian de Allende, Willie le Roux, Eben Etsebeth, Francois Louw en selfs Victor Matfield. Dit gaan natuurlik baie interessant wees om te sien wie almal in die groep van 31 spelers gaan wees wat wereldbeker toe gaan.

Ons kan maar net al die spelers sterkte toewens en weet hul gaan hul beste lewer om die beker huistoe te bring.

Bokke, ons is trots op julle en staan agter julle soos een man. Gaan en doen jul ding!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

3 comments

  1. Ja! Ek kan nie meer wag vir die wereldbeker nie. Of die Bokke wen of verloor is bysaak. Rugby is ‘n wonderlike spel en die manne gaan mekaar opkerf. Die tafel is gedek!

  2. Lyk of daar politieke druk uitgeoefen word op Heyneke Meyer by die kies van die wereldbekergroep. n ” politieke” Springbokspan is onaanvaarbaar en kan nie geduld word nie. Hoekom moet ons ja en amen sê op Cosatu en sy lakeie se eise. Dis mos nonsens dat hul alewig inmeng by sport!

  3. Die Springbokke het hul eerste wedstryd in vanjaar se wêreldbeker verloor en dit teen Japan! Skokkend en verstommend! Springbokke sal drasties iets moet doen anders gaan hul al vroeg in die toernooi uitgeskakel word. Kom ons hoop hierdie skoknederlaag teen Japan het hul wakkergeskud!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s