Lesersartikel: Regstellende aksie skep nuwe benadeelde groepe

Regstellende aksie is ‘n onding en dit moet geskrap word. Nuwe benadeelde groepe ontstaan en dit is veral blankes, bruinmense en Indiërs wat al hoe meer ly onder die toepassing van regstellende aksie. Die beste persoon moet tog aangestel word in ‘n pos en nie oor hy ‘n sekere velkleur het nie.

As ons spesifiek na die blanke groep kyk, sal mens sien hoe baie van daardie mense net eenvoudig nie meer werk kry nie. Diegene wat wel nog ‘n werk het, word ook ook oorgesien as dit by bevorderings kom. Geweldig baie mense het hul heil oorsee gaan soek juis oor hul benadeel word deur regstellende aksie. So het ons land baie kundige mense verloor. Persone wat dit nie kan bekostig om oorsee te gaan nie, moet maar swaarkry en in armoede leef. Sommige  het als verloor en leef nou in blanke plakkerskampe.

‘n Bord wat ‘n fasiliteit vir nie-blankes aangedui het ten tyde van apartheid (Foto: Katangais/ Apartheidsmuseum/ Wikimedia Commons)

Het iemand al ondersoek ingestel hoeveel blankes so moet leef en word daar iets gedoen om sulke mense te help? Dit sal interessant wees as iemand getalle kan gee en meer inligting kan verskaf sodat daar n aanduiding kan wees hoe ernstig die situasie is.

Suid-Afrika gaan al hoe meer agteruit en dienslewering verswak by die dag. Kyk net hoe gaan dit by baie munisipaliteite en hoe swak die dienslewering daar is.

Waarom is dit dan so?

Die eenvoudige antwoord is dat regstellende aksie en kaderontplooiing daarvoor verantwoordelik is. Daar is net nie meer kundige mense om die werk te doen nie. Dit is onaanvaarbaar en dinge kan nie meer so aangaan nie.

Iets sal gedoen moet word om sake reg te ruk en ‘n begin sal wees om weg te doen met regstellende aksie en te sorg dat die regte persoon in ‘n pos aangestel word. Regstellende aksie se rakleeftyd het lankal verval en dit is tyd dat dit verwyder word.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s