Lesersartikel: Suid-Afrika het ‘n vreemde land geword

Die Suid-Afrika van vandag het vir my ‘n vreemde plek geword, ‘n plek wat ek nie meer herken nie. Ek is deel van ‘n minderheidsgroep, die Afrikaner, en voel ontuis in my eie land, soos ‘n tweedeklas burger.

Hoekom dan?

Kyk net hoe lyk Suid-Afrika vandag en dan wonder mens net hoe het ons in hierdie gemors beland? Die ANC-regering strompel voort van een krisis na die ander en glo nog steeds hul doen goeie werk. Daar is die Nkandla debakel, die kragkrisis met Eskom, waterprobleme, probleme in die gesondheidsdienste, probleme in die onderwys, stakings, werkafleggings, misdaad, korrupsie, nepotisme, swak dienslewering en so gaan die lys aan.

President Zuma tydens ‘n besoek aan die Verenigde Koninkryk. In Europa is dit ‘not done’ om tydens die winter sonbrille te dra (Foto: British Foreign and Commonwealth Office / Wikimedia Commons)

Is dit normaal? Is dit hoe ons wil hê Suid Afrika moet lyk?

Duisende mense het al die land verlaat en hul heil oorsee gaan soek. Baie mense het gegaan oor hul nie meer werk kan kry in Suid-Afrika nie, juis oor die toepassing van regstellende aksie. So het baie kundigheid verlore gegaan. Voorts voer die ANC Kubane en Chinese in om hier te kom werk.

Hoe ironies is dit!

Verder kan mens net kyk hoe plaasaanvalle en plaasmoorde meer en erger word, tog beskou die ANC regering hierdie tipe misdaad nie as ernstig genoeg om tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar te word nie. Dis mos net eenvoudig onaanvaarbaar!

Kom ons kyk na Afrikaans en mens kan sien hoe die taal misken word en op getrap word. Is dit aanvaarbaar? Beslis nie!

Die Afrikaner het geen sê meer oor enigiets nie en moet maar toekyk hoe sy erfenis en dit wat hom na aan die hart lê vernietig word. Moet ons maar aangaan en in stilswye kyk hoe die land ten gronde gaan? Nee, stellig nie! Dit is tyd dat Afrikaners saamstaan en opstaan vir hul regte en uit volle bors uitskree dat hul hier is om te bly en nie verder gaan toelaat dat op hul regte getrap word nie.

Ons land is besig om te vergaan en ons moet iets begin doen voor dit soos die Titanic geheel en al sink. Daar is nog tyd en die tyd is NOU!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s