Wannie Carstens voer ’n verlore maar eerbare stryd

“Waar is die bruin mense se stem?” – so skryf die gerespekteerde akademikus professor Wannie Carstens onlangs in ons koerante, na aanleiding van die skynbare afwesigheid van belangstelling in publieke dialoog deur sogenaamde “bruin” en swart sprekers van die Afrikaanse taal. Hy wys in sy artikel terreg daarop dat witmense, die sogenaamde “Boeremense”, eintlik die minderheid van die sprekers van die Afrikaanse taal uitmaak. Ek haal aan uit sy artikel:

“Op Genadendal en Elim en Mitchels Plain en Atlantis is daar min geleenthede vir bruin kinders om te gaan studeer.”

Wie is die mense wat aan publieke debatte deelneem? Is dit nie juis die wat ’n groter mate van mag en status en geletterdheid in die gemeenskap het nie? Presies dit wat die mense na wie Carstens verwys juis NIE het nie…Vir historiese redes wat ons almal van bewus is. Hierdie is nie die tipe mense na wie daar juis geluister word nie. Behalwe nou op stemdag…

Hoe lyk hierdie mense se posisie binne die groter “Afrikaanse” gemeenskap? Ons moet onthou hierdie mense is van gemengde herkoms. Daar is baie Afrikabloed in hulle are.

As ons byvoorbeeld gaan kyk na die onlangse vrystelling van die verslag van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) rakende die onderrig van “Afrikanergeskiedenis” in skole, dan sien ons daar dat volgens hierdie verslag wat duidelik deur die FAK gesteun word, word inheemse mense as agterlik, primitief en onderontwikkeld by westerse standaarde en norme getipeer.

Wat van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarvan professor Carstens self lid is? Die Akademie ken nog die Hertzogprys vir Letterkunde toe soos dit altyd gemaak het. Generaal Hertzog is miskien vir baie Boere ’n held, maar wat is die naam Hertzog vir die 3,4 miljoen “bruin” sprekers van die taal? Die 600 000 swart sprekers van die taal? Die 60 000 Indiersprekers van die taal? Vir ’n groot deel van die 2,7 miljoen wit sprekers van “Afrikaans” is Hertzog miskien nog ’n held, ook nie eens vir al daardie mense nie…

Kyk ons verder dan sien ons ‘n minderheidsgroep in die Afrikaanse taalgemeenskap, naamlik blanke sprekers, beskou hierdie meerderheidsgroep naamlik die “bruin” Afrikaanssprekers se weergawe van die Afrikaanse taal geensins as die “standaard” en die “norm” nie, maar tipeer hulle manier van praat met die begrip “Kaapse Afrikaans”, of nog erger, “kleurling Afrikaans”.

Dan verwys professor Carstens ook ironies na die mense van praag.co.za, wat hom daarvan beskuldig dat hy die “bruin stem in Afrikaans ingebring het”… (kersie op die koek)

Laat ons ook nie vergeet van die bittere stryd rondom die Belydenis van Belhar nie. Die onlangse oorlog in die NG kerk het bewys dat die mensdom nog ver van gereed is om Belhar te aanvaar, en ’n kritiese standpunt in te neem teen apartheid en verdeeldheid en onenigheid.

Professor Wannie Carstens probeer Everest uit te klim sonder die regte toerusting. Hy probeer die bal wen by die losgemaal, maar daar is geen ondersteuning van sy spanmaats nie, en hy wag tevergeefs dat hulle sal opdaag. Hy is ’n progressiewe man vasgevang in die kettings van ’n reaksionere sisteem. Want want Rhodes vir die Universiteit van Kaapstad is, dit is generaal Hertzog vir die mense van Genadendal en Elim en Mitchels Plain. Hulle is ver van volkome welkom in die elite van Afrikanerdom. En die blaam moet na twee kante gaan. Dit kan nie net in een rigting gaan nie.

Suid-Afrika (en die toestand van mensewees) is immers ‘n land van kollektiewe skuld.

So voer prof Wannie Carstens ’n verlore maar eerbare stryd, maar dit is noodsaaklik dat ons hom op elke denkbare manier steun, want hy het onderliggend die regte visie. Hy stap die pad hopeloos alleen.

Advertisements

One comment

  1. Prof Wannie se stryd is nie verlore nie. In enige saak kan die onredelikes vir ‘n lank tyd onoorwinlik lyk. Tog is dit so dat ‘n goeie siening wat aanvanklik min steun gehad het, uiteindelik algemeen aanvaar kan word. Byvoorbeeld:
    Die idee dat vroue mag universiteit toe gaan, het vanaf die 1870s tot die 1920’s die oorhand gekry. Vandag word dit algemeen aanvaar.
    Die idee dat gays gelyke regte moet hê is aan die wenkant. Dis nie meer baie lank voor dit algemeen aanvaar word nie.
    Selfs die verregse terrorisme soos van ‘n Dylann Roof, is ‘n teken dat diegene wat glo dat swart mense onderdruk moet word, desperaat begin raak, want ook hulle is aan die verloorkant nadat hulle siening vir eeue lank die botoon gevoer het.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s