Bewys Johannesburgse treinramp die mislukking van Netwerk24?

Netwerk24 se beriggewing oor Vrydag se treinramp in Johannesburg dui op ernstige gebreke by die nuuswebwerf. By die treinramp het honderde mense beseer geraak. Waar News24 die treinramp reeds om 19:27 uur gemeld het, meld Netwerk24 dit eers meer as ‘n half uur later.

Die Nasperssentrum in Kaapstad. Media24 “onder konstruksie”. (Foto: HelenOnline / Wikimedia Commons)

Netwerk24 is laasjaar opgerig om vinnig nuus te kan lewer vir die lesers van Media24 se Rapport, Die Burger, Beeld en Volksblad.

Die vinnigheid van Netwerk24 is egter baie relatief. Waar Nuus24 steeds baie vinnig was met nuusbrekers, is Netwerk24 se webwerf partykeer baie stadig.

Nadat die treinramp gebeur het, het ek die nuus eerste gelees op die webwerf van die grootste Nederlandse koerant, De Telegraaf. Hulle meld die treinramp om 19:42 uur. Toe ek Netwerk24 toegaan om meer uit te vind, het daardie Afrikaanse webwerf nog niks gemeld nie. Eers minute later, om 19:49 uur, berig Netwerk24 oor die treinramp.

Dat Netwerk24 minstens 32 minute na News24 berig oor die treinramp dui op ‘n probleem. Dit is ‘n moontlikheid dat daar geen of uiters stadige kontak tussen die redaksies van Netwerk24 en News24 is, wat beide deel is van dieselfde mediabedryf. As geskeie redaksies die geval is, sou dit nogtans geen probleem moet wees nie, want die redaksie van Netwerk24 het mos ‘n subskripsie van News24Wire, die persagentskap van Media24. En News24Wire lewer brekende nuus.

‘n Ander moontlikheid kan wees dat dit Netwerk24 aan prioriteit ontbreek. Die tydverskil tussen die beriggewing op News24 en Netwerk24 sou heeltemal ernstig wees as Netwerk24 en News24 hul webwerfredaksies deel. Dit sou beteken dat Media24 haar Afrikaanse lesers ernstig versaak.

So gaan Afrikaanse lesers wel direk News24 toe om vars nuus te lees.

Dat Netwerk24 se joernaliste en regstreekse Twitterrekening (@Netwerk24Berig) die wêreld se eerste was wat op Twitter melding maak van president Al-Basjir van Soedan se vlug uit Suid-Afrika, bewys die storie van ‘n stadige webwerf ook. Toe het dit ook amper ‘n kwartier gevat om Netwerk24 se webwerf op te dateer, terwyl News24 en ander internasionale media die storie amper regstreeks op hul webwerwe bygewerk het.

Geagte redaksie van Netwerk24. Julle is ‘n betaalde webwerf. Dit beteken dat julle bepaalde standaarde móet haal. En tans dop julle dié toets vir betaalde nuuswebwerwe.

Die wêreld is hard. Mense wil die storie nou en direk. Nuus versprei vinniger oor die wêreld as ‘n veldbrand.

Geagte redaksie van Netwerk24. As julle langer wil oorleef as die betaalde webwerwe van Die Burger, Beeld en Volksblad sal die beriggewing op jul webwerf behoorlik vinniger moet wees!

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s