Jan Dijkgraaf, rubriekskrywer in die Nederlandse dagblad Metro, skryf in sy daaglikse rubriek dat hy die fliek Treurgrond met Steve Hofmeyr gesien het.
“Ik zag laatst op internet de film Treurgrond van Steve Hofmeyr. Gaat over beestachtige slachtingen op witte boerengezinnen in Zuid-Afrika.” – Jan Dijkgraaf

Hy skryf nie wat hy van die film vind nie, maar dit is duidelik dat hy daardie fliek en die bybehorende waarheid onder die aandag van sy Nederlandse publiek wou bring.
Weens die anti-apartheidstryd is dit in Nederland gewoonlik ‘n spannende besigheid om te sê jy hou die Afrikanersaak dop.
In die rubriek met die naam ’99 woorden’, gebruik Jan Dijkgraaf 99 woorde om kommentaar te gee op die aktualiteit. Die rubriek word gepubliseer op bladsy 2 in die gratis dagblad Metro, wat die grootste koerant van Nederland is. Dit het ‘n oplaag van 510.000 koerante en word landwyd gratis in die openbaarvervoerstelsel, biblioteke, universiteite, ens. Koerante lê in busse, treine, trams en moltreine. Die koerant werk volgens die stelsel pak-lees-en-deel en bereik darem met die oplaag daagliks meer as 1,3 miljoen mense.
Jan Dijkgraaf was tussen 2002 en 2005 redakteur van dieselfde koerant.
Lees hier sy hele rubriek van Vrydag 2 Julie: ‘Last van de warmte‘.