Lesersartikel: UNPO se aandag vir plaasmoorde is welkom

Die nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, en die VF+ se nasionale jeugleier, Wouter Wessels was onlangs in Brussel by ‘n vergadering van die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO).

Hul was daar tot die 3de Julie 2015 en het twee mosies ingedien aangaande plaasaanvalle en plaasmoorde en ook die vertrapping en vernietiging van Afrikaans, spesifiek in die onderwysstelsel. Die Landbouweekblad het onder meer berig dat ‘Plaasmoorde in SA aan klok in Brussel‘ is.

Plaasaanvalle en plaasmoorde is ‘n ernstige saak en dringende aandag sal daaraan gegee moet word. Ek ‘t ook al geskryf dat plaasmoorde besig is om handuit te ruk en dat die boere ‘genoeg is genoeg‘ roep.

Die plaasmoorde-monument naby Pietersburg (Foto: Johnnyhurst / Wikimedia Commons)

Dit lyk nie of die regering besef hoe ernstig die situasie is nie, maar mens kan dit seker van hul verwag want dieselfde regering is besig om Afrikaans te vertrap en daarby word Afrikaanse skole ook geteiken.

Die VF+ doen uitstekende werk om die aandag te vestig op hierdie belangrike kwessies. Duidelik dra die VF+ mense se belange op die hart en is nie bang om op te staan en te veg vir minderhede se belange nie.

Wat doen partye soos die DA omtrent hierdie belangrike kwessies? Absoluut niks nie!

Die tyd is hier dat ons verenig agter die VF+ en saamstaan om ‘n sterk, verenigde front daar te stel waarmee rekening gehou moet word. Plaasaanvalle, Afrikaans, regstellende aksie, behoud en beskerming van ons erfenis, grondhervorming en minderheidsregte is talle kwessies wat ernstig na gekyk moet word en daarom verdien die VF+ net lof vir hul puik werk. Doen so voort.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

  1. Kan net meld dat altwee mosies deur UNPO aanvaar is nl. die een oor plaasmoorde en die ander een oor Afrikaans. Welgedaan deur Pieter Groenewald en Wouter Wessels!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s