Groter godsdienstige verdraagsaamheid is almal se verantwoordelikheid

Anderdag toe sien ek die twee ouens op die TV. Hulle ry fiets vir godsdiens. Seker vir godsdiens in die algemeen, maar as ek moet raai, veral vir Jesus. Grootdoop of kleindoop sal ek liewer nie raai nie. Maar Jesus is ’n goeie berekende raaiskoot. Dit is alles na aanleiding van wat aan die gang is oor godsdiens in Suid-Afrika se skole. En die dreigende hofsake wat kom. Want ons sit met baie onverdraagsaamheid in Suid-Afrika

Ons het ’n probleem met onverdraagsaamheid in ons land. Mense wil nie mekaar se uiteenlopendheid duld nie. Daar is ’n woede oor godsdiens op die markplein, en daar is ewe-eens ’n reaksie teen die ateïste. Dit is ’n hele grote drama. Jy is of vir die Here Jesus of jy is teen Jesus. Jy is of vir die ateïsme, of jy is teen dit. Dit is ’n epiese drama. En daar is skynbaar geen middelgrond nie.

Wat staan my te doen? Ek is nie ’n gelowige mens nie. Ek het my Protestandse geloof verloor. Maar van my heel beste vriende is Christene.

Dit is tragies as mens sien op die sosiale media, die veralgemenende haat wat daar teenoor gelowiges is. Ek kan die weersin teenoor Christene en Islamiete tot ’n groot mate verstaan, maar nie veralgemenende aard daarvan nie. Hoe dikwels sien ons nie hierdie dinge op sosiale media nie? Daar word so maklik mense se gelowe bespot. Christene word as dom uitgebeeld, selfs Sielkundig siek. . . En daar word dinge gesê soos dat geloof in gode en dies meer, geen bestaansreg het nie. Selfs die woord ‘spiritualiteit’ word bespot en verkleineer deur haatdraende ateïste.

Dit is tragies, gegewe ons Grondwet. Ons Grondwet erken menslike spiritualiteit. Trouens die woord ‘godsdiens’ is ingeskryf in artikel 15 hoofstuk 2 van ons Grondwet, waar dit geskryf staan dat “Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening”.

Die Grondwet het ook ’n gees. Dis nie net ’n stel moets en moenies. Dit was geskryf in ’n gees van versoening.

Maar dit kom alles terug na die saak van onverdraagsaamheid. In Suid-Afrika is Christene die meerderheid, en Afrikaans is ’n minderheid. Maar dieselfde mense wat regte eis vir die Afrikaanse taal, skep hierdie woede teenoor godsdiens, deur die onverdraagsaamheid wat hulle toon teenoor ongelowige mense. So dieselfde mense wat vir hulle minderheidstaal regte soek, wil nie vir ander minderheidsgelowe regte gun nie. En daarom hierdie hofsake.

Mens kan net jou kop in ongeloof oor al hierdie dinge skud. Niemand se hand is skoon nie.

Dit maak my egter persoonlik seer as ek sien hoe my Christen vriende getipeer word. Ek sien dit op sosiale media, hoe daar so tiperend van hierdie mense gepraat word, dat hulle kwansuis dom en agterlik en Sielkundig siek is, en dan dink ek by myself – in watse wêreld leef hierdie mense? Lewe hulle in dieselfde Suid-Afrika as wat ek lewe? Praat hulle dag-tot-dag NET met hulle eie vriende? Kyk hulle nooit wyer as hulle eie kringetjie nie?

Want onder al ons land se mense, of hulle Islam is, of Christene, of ongelowig, Hindoe of Buddhis, of tradisionele Afrika spiritualiteit, daar is oral mense wat verdraagsaam is. Mense se gelowe is nie ’n absolute verwysing na wie hulle is nie. ’n Mens se geloof is maar net een deel van wie hulle is.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s