Vryheidsmanifes as giftige medisyne teen ANC-mislukkings?!

Die Vryheidsmanifes is die ANC se leë antwoord op sy eie mislukkings as regerende party.

Dit is nou, na die bekendstelling van die Marikana-verslag, nie anders nie. Die regering tref weer geen blaam nie, dit is die laer dienste wat foute maak en die staat moet die Vryheidsmanifes eerder as die grondwet as uitgangspunt neem. Want dit sou mos die oplossing wees vir die land se probleme.

Dit is die gewone geluid. En dit klink nou weer.

En dit is gevaarlik. Want anders as die Grondwet is die Vryheidsmanifes nie tot stand gekom na konsultasie van verskillende groepe, belange en persone binne ‘n staatkundige konteks nie. Die Vryheidsmanifes is mos ‘n tipe kompromis tussen die ANC en die SAKP.

Die Vryheidsmanifes op een van die mure van die Paleis van Justisie in Pretoria geskryf. (Foto: PHParsons / Wikimedia Commons)

Hoe mooi die waardes van die Vryheidsmanifes ook mag wees, dit is ‘n ondemokratiese dokument. Die dokument is na talle onderhoude voorberei deur ‘n klein groepie mense en in Kliptown voorgelê aan ‘n groep wat nie verteenwoordigend was en is nie vir die res van Suid-Afrika.

Buitendien – so het verskillende opstellers later getuig – moet die dokument in sy geskiedkundige konteks gelees word en is direkte toepassing van die Vryheidsmanifes in die huidige Suid-Afrika nie net onprakties en ondemokraties nie, maar ook gevaarlik, omdat die Vryheidsmanifes ‘n bepaalde revolusionêre toon het, wat nie die huidige verhoudings tussen die verskillende bevolkingsgroepe verbeter nie en selfs eerder sal slegter maak. Die “waardes” van die Vryheidsmanifes ten spyte.

Die wyse waarop die ANC die Vryheidsmanifes gebruik, is so moontlik nog gevaarliker. Die ANC implementeer nie sommige dele van die Vryheidsmanifes nie, maar gebruik net die revolusionêre toon van daardie dele, byvoorbeeld as grondhervorming en nasionalisasie van besighede ter sprake kom. Die revolusionêre toon maak dit moeilik om alle doele uit die Vryheidsmanifes te bereik, terwyl die ANC vir die massa’s sê dat hy dit implementeer [maar nie doen nie]. So verhoog die ANC verdere verwagtinge onder arm massa’s en kan dit die spanning tussen arm en ryk (of dalk eerder tussen swart en wit?) laat ontplof.

Die Vryheidsmanifes sal nie die rede wees hoekom Suid-Afrika se arm mense heel moontlik werklik onrustig raak nie, maar die ANC se huidige gebruik van die Vryheidsmanifes laat die spanninge tussen die verskillende bevolkingsgroepe verder toeneem. In die huidige, taamlik onrustige, omstandighede sou die regering eerder ‘n kalmerende toon moet gebruik.

Die Vryheidsmanifes is darem, ten spyte van sy geskiedkundige (!) betekenis, ‘n dokument wat in die hede versigtig gebruik moet word. Die gevolge van verkeerde gebruik van die dokument kan baie giftig wees vir Suid-Afrika.

Daar moet ‘n antwoord kom op die ANC se misleidende propaganda oor die Vryheidsmanifes.

‘n Ope, eerlike en ewewigtige kyk op die huidige rol van die Vryheidsmanifes is nodig.

Advertisements

One comment

  1. Die ANC het misluk en Suid Afrika stuur af op n anargie. Die enigste uitweg uit hierdie gemors is selfbeskikking vir al Suid Afrika se verskillende volke. Daar is geen ander uitweg!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s