President, ruil meer Janne vir Kubane!

Geagte president Zuma,

As Hollander, waterkundige en boerseun is ek maar seker die grootste staatsvyand van Suid-Afrika. Altans, dit voel so na u groot aankondigings dat u vroeëre bydraes van Hollanders en die huidige bydraes van Suid-Afrika se waterkundiges en boere nie waardeer nie.

Êrens is dit maar baie grappig. U blameer Jan van Riebeeck en die Hollanders vir alle probleme in Suid-Afrika en nog dieselfde week haal u Kubane om waterprobleme te help oplos. U kan my land en landgenote van amper als beskuldig, maar ek dink dit is goed om my landgenote te beskuldig van onvermoë om waterprobleme op te los.

Ek weet nie of u dit weet nie, maar die Hollanders behoort natuurlik nie tot die beste waterkundiges in die wêreld nie. Die Nederlandse delta behoort verseker tot die onveiligste verstedelikte deltas en díe lewensgevaarlike kennis oor waterveiligheid, waterinfrastruktuur, watervoorsiening en waterbestuur word darem ook nie na alle hoeke van die wêreld geëksporteer nie, ook nie na Suid-Afrika nie. Om van die omvangryke Deltawerke maar te vergeet.

Die Oosterscheldekering in Nederland is deel van die Deltawerke en kan die Oosterschelde-estuarium oor ‘n lengte van 3 km sluit. (Foto: Vladimír Šiman / Wikimedia Commons)

Ek verstaan natuurlik dat Suid-Afrika ‘n ander land is met ander omstandighede as Nederland en dat die Nederlandse waterrade wat reeds in Suid-Afrika werk hul kennis maar moet aanpas aan die plaaslike werklikhede. En om hul meer as 750 jaar se ervaring met waterbestuur as problematiese koloniale erfenisse te omskryf, maak darem natuurlik baie sin.

Dit maak ook baie sin om Kubane te nooi om die probleme op te los. Want natuurlik weet die Kubane als van die invloed van passaatwinde en tropiese reënwoude op reënval asook van die destruktiewe invloed van orkane en vulkane op die verskaffing van water aan munisipaliteite. Die Kubane weet dit mos beter as die Nederlanders, want daar woon mos geen 300 000 Nederlanders in die Karibiese dele van Nederland nie.

Caribische Zee
Die Karibiese Gebied: Kube met sy territoriale watere (bruin) en Nederland met sy territoriale watere (geel). (Foto: Shadowxfox / Wikimedia Commons)

Want al die waterprobleme wat in Suid-Afrika bestaan, word natuurlik veroorsaak deur passaatwinde, orkane en vulkane. Dit is mos die hitte van vulkane wat die droogte in die Karoo veroorsaak. En die skeefgroei van die bome in die Jakarandastad word veroorsaak deur hewige passaatwinde, wat elke dag na dieselfde rigting krom waai.  En wat sou die Kaap van Storms wees sonder orkane?! Natuurlik ken die snaakse Hollanders hierdie verskynsels nie. As dit ‘n bietjie waai of reën soek daardie hensoppers direk skuiling agter hul dyke.

Mount Scenery  in Karibies Nederland. Die vulkaan is bedek met tropiese reënwoude en word gegésel deur passaatwinde en orkane. (Foto: Richie Diesterheft / Wikimedia Commons)

Nee, meneer Zuma, u het ‘n uitstekende keuse gemaak. Ek sou sê: Ruil meer Janne vir Kubane. Hulle het verseker al die kennis om u land se waterprobleme op te los.

Oh, wag. Kuba het geen vulkane nie. Anyway, perfekte keuse. Regtig. #NOT

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s