Lesersartikel: Saam kan ons dit doen!

Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en Dan Roodt. Hierdie name is welbekend aan ons almal. Waarom is daar soveel reaksie by mense wanneer bogenoemde mense iets sê of doen? Sommige mense reageer altyd negatief as Steve iets doen, as Sunette iets sê of Dan iets skryf.

Steve Hofmeyr in 2006 (Foto: AB from South Africa / Wikimedia Commons)

Ons hoor gedurig hoe rassisties hul is, dat hul regse belange bevorder of selfs die etiket om hul nekke gehang word van ver-regses. Is hierdie mense dan so erg om allerhande name genoem te word? Het hulle dan geen reg op vryheid van spraak nie? Het Steve Hofmeyr dan geen reg om Die Stem te sing nie en hoekom mag hy nie meer by sekere feeste optree nie? Het net sekere mense dan ‘n reg op ‘n opinie?

Moet almal dan maar saam die stroom beweeg, niks sê nie en dinge in hierdie land maar aanvaar soos dit tans is? Moet ons maar toelaat dat Suid Afrika oor die afgrond gestoot word? Moet minderhede, soos die Afrikaner, dan maar toelaat dat daar op hul regte getrap word? Die antwoord is nee en nogmaals nee! Daar is niks fout daarmee om op te staan vir die Afrikaner se regte, sy taal, sy kultuur, sy tradisies en geskiedenis nie. Die Afrikaner het ‘n reg om in Suid-Afrika te wees en gaan beslis nie verdwyn nie.

As Steve, Sunette en Dan opstaan vir die Afrikaner se regte en die Afrikaanse taal, hoe kan dit dan as rassisties beskou word? Natuurlik gaan mense nie eenhonderd persent saamstem oor alles nie, want dis menslik, maar ten minste probeer hulle iets doen vir ons mense.

Netso is daar baie ander mense en groepe wat positiewe bydraes lewer en ook opstaan vir die Afrikaner en sy belange. Mense soos dr. Pieter Mulder en die Vryheidsfront Plus is ‘n ander goeie voorbeeld van hoe daar geveg word vir minderheidsregte in hierdie land.

Dis tyd dat Afrikaners begin saamstaan, ophou om mekaar te opponeer en mekaar help sodat ons n kragtige mag kan word waarmee rekening gehou moet word. Die tyd dat minderhede geïgnoreer en op hul regte getrap word moet tot n end kom. Minderhede, soos die Afrikaner, kan nie meer langer stilbly nie en sal hul stemme moet begin dik maak. Saam kan ons dit doen!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel.’

Advertisements

12 comments

  1. Vir self-hatende liberales is selfmoord plig en elke persoon wat in hul projek nie midoen wil, ‘n onmorele mens of ‘n “ra_is”.

  2. ‘n Goeie voorbeeld is die lieders:

    – Steve Hofmeyr sing “die Stem”, ‘n lied oor mooi landskappe. -> Ra*ist*s

    – Nelson Mandela sing “shot the Boer”, ‘n lied wat ‘n volksm**rd vereis -> nie Ra*ist*s

    Die alleenige antwoord op hierdie dubbele standaard is sensuur en ad hominems.

  3. Ek stik amper in my koffie! Ek haal aan: “As Steve, Sunette en Dan opstaan vir die Afrikaner se regte en die Afrikaanse taal” – en die aanhaling is die kern van die probleem! Frik laat ek jou mooi verduidelik, Sunet het nog nooit Afrikaans verdedig nie, sy verdedig wit. Die Meerderheid van Afrikaanssprekendes of Afrikaners is nie WIT nie. Nie sy of Dan of Steve verteenwoordig my as Afrikaanssprekende nie! Asseblief dink weer! Ek eis geen regte ten koste van ander en my vel kleur bepaal nie my regte! My menswees, my SA burgerskap en my belastingbydrae bepaal my regte!! Ek dank Sunet, Steve en Dan summier af en daag jou uit om hulle reg tot aanstelling as my mondstuk te regverdig – as jy kan!

    • Wit en swart maak die verskil tussen lewe en dood (sien Mandela hierbo wat sing oor doodmaak van wittes – en nie “Afrikaans-praters” nie) in ‘n burgeroorlog.

      Affirmative action is ook gemik teen blankes, die taal is irrelevant.

      Ons hoor ook dat ‘n ding “veel te blank” is:
      http://vorige.nrc.nl/geslotendossiers/olympische_spelen_2004/buitenlandse_teams/article1624590.ece

      of “hideously white”:
      http://www.dailymail.co.uk/news/article-12841/Dyke-BBC-hideously-white.html

      of “too white”:
      http://www.telegraph.co.uk/education/educationnews/11240700/School-marked-down-by-Ofsted-for-being-too-white.html

      Sunette is doodreg om blankes te verdedig as dit is blankes wat viktimiseer word en nie “Afrikaans-praters” nie.

      Wat glo jy? Dat jy kan se in ‘n burgeroorlog:

      “Don’t shoot, I’m English!”

      • Robbie, daar is ‘n verskil tussen “te wit” en die onaanvaarbare verpligting van rassekwota. Die artikel in NRC gaan nie oor verpligte nasionale demografie, maar oor die mislukking van die ANC om basiese dienste soos sportfasiliteite by skole in die townships te bou. Jy gebruik die artikel om jou leuenagtige boodskap te versprei en om blanke brûe te bou, terwyl jy die NRC-artikel kan gebruik om die ANC te slaan en buitelandse steun teen die ANC te verkry.

        Tweedens gebruik jy twee Britse artikels wat nie eens oor Suid-Afrika gaan nie. Die essensie van daardie artikels is nie “ons wil minder wittes hê” nie, maar meer erkenning vir minderhede. Die Afrikaner – wie se skole en minute op die SAUK onder druk is – kan ook hier alliansies bou. Vir minderheidsregte en teen diskriminasie.

        Maar nee, meneertjie hier moet weer praat in terme van ras-determinisme. En dit is presies wat die ANC wil hê, want so sal die Afrikaner nooit buitelandse steun verwerf nie.

        • “daar is ‘n verskil tussen “te wit” en die onaanvaarbare verpligting van rassekwota.”

          Dan verklaar die verskil.

          “te wit” beteken dat die rassekwota (de-jure of de-facto) nie verful is nie.

          “Die essensie van daardie artikels is nie “ons wil minder wittes hê” nie, maar meer erkenning vir minderhede.”

          Leef jy in ‘n parallel-realiteit?

          In my wêreld beteken “te soutig” – “ons wil minder sout hê”
          Dit beteken nie “meer erkenning vir die vlees” of “meer peper” nie.

          En “te wit” beteken eksakt “ons wil minder wittes hê” en niks anders nie.

          Na jou logika kan die Afrikaners (‘n minderheit) sê dat baie organisasies “te swart” is, indien dit beteken “meer erkenning vir minderhedes”, is dit reg, Christian?

  4. Duidelik bevestig jy die punt wat ek gestel het dat sommige mense nie vir Steve, Sunette en Dan ook hul reg op opinie respekteer nie. Mag net sekere mense n opinie hê en is net hul opinie reg? Niemand het hul “aangestel” om namens Afrikaners te praat nie en nog minder het hul hulself “aangestel”. Hul gee net hul opinie soos hul dinge sien en dis ook hul goeie reg. Net soos dit jou goeie reg is om jou opinie te gee en netso moet dit respekteer word. Hierdie mense probeer ten minste iets en mens gaan natuurlik met sekere goed saamstem en weer met ander nie. Feit is ons het nie meer die luuksheid en tyd om onder mekaar te stry nie. Ons beter wakkerskrik en mekaar begin help, ondersteun en saamstaan. Verdeeldheid lei tot ondergang en is volkselfmoord. Dis die realiteit en daarom kan ons nie so aangaan nie en moet ons n weg vind om saam te werk.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s