Lesersartikel: Opinieplatform verdien lof!

Die Afrikaanse opinieplatform bestaan amper twee jaar. Die plek het nederig begin en vir verstaanbare redes het Die Afrikaanse opinieplatform steeds nie ‘n reusagtige aanhang nie. Die plek dien nie ‘n bepaalde orde nie. Die Afrikaanse Opinieplatform kry meningstukke van uiteenlopende mense, met uiteenlopende menings, maar niemand word gesensor nie. Die enigste sensor wat al plaasgevind het is vloektaal en haatspraak, maar behalwe hiervoor is die blad suksesvol in die dat dit ’n stem gee vir uiteenlopende mense.

Webadres

Dit is die hoop dat Die Afrikaanse opinieplatform sal voortgaan en sal aanhou om ’n platform te bied waar uiteenlopende stemme met mekaar dialoog kan voer. Wys my nog so plek in Afrikaans?! Wys my nog so plek in enige ander plek op aarde?! Wat ons hier het is uniek. Ons tradisionele media gee ook stem aan verskillende mense:

In een uitgawe van ons NASPERS koerante is die geensins ongewoon om in dieselfde publikasie ’n onderhoud met Steve Hofmeyr langs al die ander sogenaamde ‘liberalisme’ te sien nie. Ons sien dikwels Steve Hofmeyr se onderhoude in NASPERS se publikasies soos Rapport en Bloemnuus.

Maar wat uniek is aan Die Afrikaanse opinieplatform, is dat dit aan die gewone mens ’n platform gee om ook bydrae te lewer. Ten spyte van die aantygings wat gemaak was in die verlede teen Die Afrikaanse opinieplatform, is ek onbewus van enige mens wat al ooit gesensor was hier, behalwe vir diegene wat vloek en haattaal gepraat het.

Die Afrikaanse opinieplatform se grootste uitdaging twee jaar later, is beperkte deelname. Mense neem waarskynlik minder deel hier, omdat die plek nie ’n bepaalde orde dien nie, maar homself daarop roem dat dit die tuiste is van robuuste debat.

Mag Die Afrikaanse opinieplatform, vir solank as wat dit nog bestaan, nooit hierdie edele ideale verloor nie. Mag dit nooit populariteit stel bo die waarde van vryheid van opinie nie.
Ek wens Die Afrikaanse opinieplatform alles van die beste toe op die pad vorentoe. Wat hier gebeur is iets uniek!

Hierdie artikel is geskryf deur ‘Spokie’. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel.’

Redakteursnota: Dankie, Spokie! Baie dankie ook vir jou gereëlde bydraes. Ons derde bestaansjaar begin in Augustus en die webwerf gaan verseker nog lank nie sluit nie.

Advertisements

4 comments

  1. “In een uitgawe van ons NASPERS koerante is die geensins ongewoon om in dieselfde publikasie ’n onderhoud met Steve Hofmeyr langs al die ander sogenaamde ‘liberalisme’ te sien nie. Ons sien dikwels Steve Hofmeyr se onderhoude in NASPERS se publikasies soos Rapport en Bloemnuus.” – Steve met sy aanhang word bloot soms deur Naspers gebruik om hul sirkulasiesyfers te probeer red. Naspers se gereelde artikels is immers deurlopend antichris-humanisties, anti-Afrikaner en links-liberaal.

  2. “Die Afrikaanse opinieplatform se grootste uitdaging twee jaar later, is beperkte deelname.”

    Wel, die probleem is die sensuur.

    BV. het ek bewys dat i90Christan’s Orania-artikel r*sist*s is, maar dit maak nie saak nie, indien dit permanent “onder moderasie” geplaats is.

    Ek glo nie dat i90Christian aan ‘n debat (wat hy kan net verloor) geinteresseerd is, dus is die sensuur die enigste uitweg.

      • Wel, 5 ure gelede was dit nog “onder moderasie”, nou is dit verdwyn, wat kan dit beteken?

        Wel, in gefal van so ‘n (on)verwagse data-loss stoor ek dit lokaal, dus is dit geen probleem nie:

        — Begin

        Christian,

        Weet jy dat jou artikel in Frankryk as rassisties geld?

        Frankryk is ‘n “kleurblinde” staat, wat beteken dat die staat nie hou vas an “rasse-konstrukte” nie. Dit beteken bv. dat daar geen “ras” of “etnie” in die sensus ingesamel word nie, dus is daar niemand wat weet hoeveel Arabiers, Swartes (of Europeërs) in Frankryk leef – alle is Franse. Maar vir die antirassiste is dit ‘n probleem as dit “regstellende aksie” verhinder.

        Dus is kleurblindheid of nie-rassigheid rassisties in Frankryk. (In VSA is dit ook “rassisties” om affirmative action te kritiseer, wat die selfde beteken.)

        Die tweede grond hoekom jou artikel rassisties is, is dat polities korrekte mense etniese verskille ontken – soos rasseverskille.

        Dus is jy mit hierdie artikel as ‘n dubbele rassis ontmasker.

        — Einde

        Die sin van my kommentar is om te verklaar dat ‘n blanke die “rassisme”-spel nie kan wen nie. Ons is rassiste indien ons an “rasse-konstrukte” vashou en ons is ook rassiste indien ons nie an “rasse-konstrukte” vashou nie. Elke aksie, elke kommentaar, alles is rassisties indien ‘n blanke dit doen – en nie-rassisties indien ‘n nie-blanke dit doen.

        “die Stem”/Hofmeyr vs. “shoot the Boer”/Mandela is ‘n ander voorbeeld.

        Ek is nuuskierig of hierdie kommentaar die “rassisme”-filter kan oorkom.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s