Lesersartikel: SA gaan ten gronde aan die ANC!

Stuur die ANC Suid Afrika af op ‘n afgrond? Soos dinge nou in die land aangaan lyk dit al hoe meer so.

Kyk maar na Eskom en die kragkrisis. Dit is beurtkrag op beurtkrag en dit het beslis ‘n effek op die ekonomie. Besighede ly finansiële skade en dit lei weer tot werkloosheid. Beleggers gaan twee keer dink voor hul gaan belê in n land wat ‘n kragkrisis het.

Dan het ons vir president Zuma en die Nkandla debakel. Waarom neem president Zuma nie verantwoordelikheid vir sy optrede nie? Dit is mos nie hoe ‘n leier optree nie. Dan het ons nog die Gautengse e-tolstelsel wat ‘n volslae mislukking is en heeltemal geskrap behoort te word.

Tog word daar voortgegaan daarmee. Hoekom?

Kyk ons na munisipaliteite en hoe alles agteruitgegaan het, wonder ‘n mens hoe dorpe nog aan die gang gehou word. Dienslewering is uiters swak en gereeld sien ons betogings teen swak dienslewering en die gepaardgaande geweld by hierdie betogings.

‘n Krottebuurt in Soweto, wat na 20 jaar ANC-regering steeds dieselfde lyk. (Foto: Matt-80 / Wikimedia Commons)

Waarom word daar nie kundige mense aangestel om die situasie reg te ruk nie?!

Dan kan ons ook kyk na die groot werkloosheid in Suid-Afrika en die armoede as gevolg daarvan. Daar is net nie genoegsame werkgeleenthede nie en die situasie vererger net by die dag. Elke dag hoor ons van moord, roof, korrupsie en wat nog alles.

Dit kan mos nie so aangaan nie.

Ons kan ook sien hoe Afrikaans en Afrikaanse skole geteiken word deur die ANC. Minderhede, soos die Afrikaner, het geen sê meer oor enigiets nie en daar word op hul regte getrap.

Kan die meerderheid maar net maak soos hul wil en geen ag slaan op minderhede se belange nie? Die antwoord is nee en dit kan nie net daar gelaat word nie. Moet dinge maar aangaan in die land soos tans die geval is? Nog ‘n groter nee.

Dit is tyd dat mense opstaan vir hul regte en dit is tyd dat daar ware leierskap getoon word sodat iets net gedoen word om hierdie land van die afgrond af weg te stuur. Daar moet egter ‘n wil wees om dit te doen en dit sal vinnig gedoen moet word voor dinge heeltemal ten gronde gaan.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s