Lesersartikel: Wat beteken die Naspers-boikot nou werklik?!

Die probleem met die boikotte is dat mense nie genoeg belangstel in mekaar nie. Die Afrikaanse/Nederlandse gemeenskap is groot en wyd, en die taal behoort aan geen groeppering nie. Ons taal is werelderfenis. Media24 se publiaksies gee ‘n stem aan die uiteenlopendheid van Afrikaans en van Suid-Afrika. Ons sien een van ons groot popsterre doen een week onderhoude met Hanlie Retief van Rapport en ook met ander Media24 publikasies, soos die Bloemnuus, en hy praat met Niekie op Netwerk, net om die volgende week te skree ‘boikot, boikot, boikot Media24. Wat presies beteken die woord boikot deesdae?

Boikot Naspers
Boikot Naspers (Foto: Boikot Naspers/Facebook)

Nee wat, ek steur my maar min aan hierdie kwansuise boikotte. Die boikotters self lees Media24 want Media24 is die mediagroep wat vir ons uiteenlopende stories van uiteenlopende mense en sake bring – en dit is wat die media se rol presies is. Keer op keer slaan hierdie reaksionêre figure hulle naam verder met ‘n plank met al hulle geboikot dit en boikot dat. Dit is vir my so lastige woord onder die Boere man, hierdie woord boikot. Dis ‘n woord wat hulle seker iewers gehoor het in die apartheidsgeskiedenis en nou strooi hulle dit rond met elke ligte hoesie wat hulle kry. Dit is soos die woord ‘Renaissance’, ‘n mooi modewoord want ons mense op ‘n stadium oorgeneem het uit Europa en toe praat ons van die ‘Afrika Renaissance’ – so asof ons hier in Afrika vir Europa as ‘n model moet gebruik.

Nee, ongelukkig wil sommige mense nie na andere se stories luister nie. Hulle wil nie waarlik deel in die ritme van hierdie kontinent nie, en as sulks bly hulle agter en stagneer en is geïsoleerd, en die enigste uitkoms in hulle oë is hierdie boikot storie – wat ook maar liederlik misluk.

Boonop verwar baie van hulle die wêreldwye verandering in die media van harde kopie na digitale formaat met hulle eie klein boikot-storm-in-‘n-teekoppie aksie. En voel vreeeeeeslik selfvoldaan met die afname van sirkulasiesyfers van bekende koerante soos Burger, Beeld en Volksblad.

Terloops, ek het self lank in die Vrystaat gebly, die skade wat die Vrystaat en Bloemfontein in die besonder sal ly indien Volksblad se kantore ooit moet sluit, sal onsegbaar wees. Dit sal ‘n reuse terugslag wees vir Afrikaans en vir die hele breë gemeenskap. Dit het ook amper ‘n tyde gelede gebeur, maar die maatskappy het wonder bo wonder wyslik besluit dat geld nie elke besluit in die lewe moet stuur nie. Maar dit is werklik jammer dat daar Afrikaanse mense is wat dit een van hulle doelwitte maak om hierdie mediahuis skade te berokken – gelukkig weet ons baie van hulle lees nogtans Media24 publikasies skelm, want hulle wil nie regtig so totaal geïsoleerd wees nie, dis dikwels ook maar net ‘n front wat hulle voorhou – ‘n Front Nasionaal of so iets 😉

Hierdie artikel is geskryf deur ‘Spokie’. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

5 comments

  1. Moenie uit die oog verloor dat Naspers met sy koerante (Volksbald, Burger, Beeld), deel was van die Totale Aanslag teen die vryheidsgesinde Afrikaner, en dit ongelukkig steeds is nie. Naspers het vir dekades lank die NP se oorgawe aan die kommunistiese regime (wat ons nou regeer), aktief gesteun. Dit het nie begin en geeindig by die 1992 Referendum waar Naspers meegedoen het aan die afbreek van die behoudende Afrikaner met volblad propaganda nie. Dit het ook nie geeindig met die stigmatisering van behoudende partye en hulle leiers nie. Nee, Naspers wil steeds he dat die SAKP “suksesvol” moet regeer en dat behoudende Afrikaners moet vergeet van eie skole, eie universiteite (Basson/Beeld!) selfregering, ens. Naspers is steeds die vyand van die Afrikaner! In hul oorgretigheid om die SAKP aan bewind te help stel en aan bewind te hou, het hulle hulself vevreem van baie lesers, en dit het dalende sirkulasiesyfers veroorsaak! Die boikot-aksie teen Naspers dra my goedkeuring weg, sou dit enigsing kan help om die drie susterskoerante weer in ‘n behoudende en volksondersteunende rigting te forseer. Daar is byv. geen behoudende kommentators in die Afrikaanse koerante nie, dis net Piet Kopdoek en Marx (en soortgelykes) wie se liberale kwasi-kommunistiese standpunte tot vervelens in ons kele afgeforseer word. Nee wat, Naspers is ‘n vyand van die Afrikaner en verdien nie meer enige bestaansreg nie.

  2. Naspers is beslis nie die Afrikaner goedgesind nie, veral nie Afrikaners wat trots is op hul taal, kultuur, tradisies en geskiedenis nie. Terloops, daar is n artikel deur dr. Wynand Boshoff geskryf aangaande dr. H.F. Verwoerd by http://www.dievoorblad.co.za Kyk ook op VF Plus se Facebookblad. Sal Naspers so n artikel publiseer? Dalk, maar baie dele sal seker uitgeredigeer word.

  3. Hoe breingespul moet ‘n mens wees om ‘n monopolie mit die woorde ‘ongelukkig wil sommige mense nie na andere se stories luister nie’ te verdedig?

  4. Hiehiehie. Hoe lekker klap in jou gesig moet jou jammergat broederbond artikel net nie wees met die skamele kommentaar en dit nogal in direkte grein met jou verraaiersdoelwitte nie. Kry vir jou!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s