Orania, rassisme en joernaliste: Waar is die waarheid?

Dus. Orania is ‘n rassistiese dorpie wat probeer om apartheid in stand te hou. Tenminste, as ons die meeste buitelandse koerante en nuusagenteskappe moet glo.

Maar werklik? Wie is eintlik rassisties? Wie hou vas aan rasse-konstrukte?

Orania sê hulle is ‘n Afrikanerdorp. Mense wat hulself as Afrikaners beskou kan daar woon as hulle wil. Ander net as hulself as Afrikaners identifiseer. Daar is geen reëls dat mense van ander rasse, wat hulself as Afrikaners identifiseer, daar nie kan woon nie.

Orania word egter steeds – deur die media – omskryf as ‘n wit dorp. Natuurlik is die voorkoms van die meeste inwoners wit (volgens die sensus 98%), maar hierdie feit maak Orania nog nie ‘n dorp vir wittes nie. Wit Britte, Portugese, Swede of Russe val mos ook nie in die doelgroep van die dorp nie.

Ek wonder nou wie vasgevang is in ras-ideologieë en -konstrukte. Is dit die mense van Orania, is dit die joernaliste? Of is dit die hede en verlede van Suid-Afrika waarmee die storie van Suid-Afrika vergelyk word? Is dit die raamwerk van beoordeling?

Soos apartheid in die buiteland as die naweë van kolonialisme en Europese oorheersing in Afrika beskou is, word Orania as voortsetting van as apartheid en segregasie op basis van ras beskou. Dit is eintlik vreemd, omdat Orania vriendelike verhoudings met ander bevolkingsgroepe het soos die Xhosa-gemeenskap in Mnyameni en die bruin gemeenskap in Eersterust.

Orania word telkens weer bekyk met ou Suid-Afrikaanse brille, terwyl Orania aanspraak maak op erkende internasionale reg van selfbeskikking, vir volke, wat gewoonlik op basis van taal, kultuur en gedeelde geskiedenis erken word.

Ek wil hier nie Orania verdedig nie. Want ja, daar woon mense met rassistiese ideë in Orania – nes in die res van Suid-Afrika. Dit is maar net onregverdig dat joernaliste hierdie rassistiese ideë in Orania probeer te toon, terwyl hulle dit nie in die res van Suid-Afrika doen nie.

Afrikaners in die algemeen is ‘n maklike prooi vir westerse joernaliste om rassistiese stories oor te vertel. ‘n Mens hier in Europa hoor nouliks van rassisme van ander bevolkingsgroepe se lede nie.

Dit is immers altyd maklik om ‘die ander’ uit te kryt. As joernaliste in Johannesburg woon, vriende uit verskillende bevolkingsgroepe het en leef in daardie postmoderne, getransformeerde en nihilistiese Suid-Afrika, is dit heelwat moeiliker om rassisme in daardie groep te ontmasker. Daarvoor leef die joernaliste – wat dikwels maar tydelik (dis verplig) in Suid-Afrika is  – tekort in die land en is die buitelandse aandag te vinnig verby om die kompleksiteit van daardie Suid-Afrikaanse stories te kan beskryf.

Ek dink dit word tyd om Suid-Afrika internasionaal te beskou as ‘n gemeenskap van gemeenskappe in die sin van verskillende bevolkingsgroepe en nie langer in terme van ras nie. Anders kan ‘n mens die kompleksiteit van Suid-Afrika nooit verstaan nie.  Ons doen dit mos ook om die kompleksiteit van ander lande – soos Irak en Sirië – te verstaan. Dus waarom nie in Suid-Afrika nie?

Ek hoor die teenargument van kritici al: wat van die suksesstories van Suid-Afrika? As gemeenskappe in vrede saamleef, ontstaan daar vanself vriendskaplike kontakte tussen individue van die verskillende bevolkingsgroepe.

Maar as joernaliste hul raamwerk van verskillende rasse op die samelewing bly afdruk, sal dit verdere polarisasie langs raslyne  voortbring. My insiens moet joernaliste hul vak eties bedryf. Daarin pas nie joernalistieke stories op basis van ras. Gebruik eerder kulturele en etniese begrippe, wat werklik deel is van mense se identiteit.

(Foto: Rufino / Wikimedia Commons)

Media moet nie berig dat ‘n swart man geroof het of ‘n wit man wat korrup was nie. Praat liewer van die Xhosa wat roof en die Anglo-Afrikaan wat korrup is. So kan verdere ras-polarisasie vermy word.

En dieselfde geld vir Orania. Rubriekskrywer Gert Coetzee het in Volksblad gesê die intensies van ‘n Orania op basis van ‘n gesamentlike taal, kultuur en geskiedenis (wat ras uitsluit) is opreg.

En om in rassistiese terme te skryf in artikels waar dit geen sin maak nie of selfs die werklike agterliggende storie blokkeer, sê ook iets oor die rasbeheptheid en die bekrompenheid van die desbetreffende joernalis.

Dit is tyd om die ras-konstruk as iets uit die verlede te beskou. Dit is tyd vir ‘n nuwe raamwerk binne die joernalistieke beriggewing.

Advertisements

9 comments

  1. Orania is een van die beste voorbeelde van geslaagde Afrikanerselfbeskikking. Dit het niks met rassisme uit te waai nie. Mense wat Orania en ander wat selfbeskikking voorstaan as rassiste probeer uitbeeld, het rassisme op die brein en is meeste van die tyd onverdraagsaam teenoor diegene wat nie soos hul dink nie. Orania, gaan voort met jul goeie werk en laat ons as Afrikaners streef na selfbeskikking in al sy vorme. Ons wil seggenskap hê oor ons eie dinge maw selfseggenskap!

    • Ons het ‘n outomatiese stelsel om rassistiese kommentare te weer. Soms kan dit egter gebeur dat ook gewone kommentaar deur die stelsel in ‘n wagry vir handmatige goedkeuring geplaas word. Ek is jammer dat dit gebeur het. Ek het die kommentaar goedgekeur. Kommentare word net vervang wanneer kopiereg geskend word. Vervolgens word die kommentaar vervang met ‘n skakel na die webblad met oorspronklike artikel.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s