Boikot die boikotters!

In hierdie tye van sosiale media is daar talle boikotaksies. ‘n Mens weet nie meer wat om te doen en wat te laat nie. ‘n Mens moet amper als wat die lewe mooi maak boikot. Asof debat nie meer bestaan nie.

Met ‘n groot boikot kan ‘n mens ‘n besigheid, instituut of land straf. Die doel van ‘n boikot is om ekonomiese skade te maak. Dit is die bedoeling om die omset van ‘n besigheid baie te laat daal, so erg dat die besigheid gedwing word om sy werkwyse te verander aan jou eise.

Dit beteken dat ‘n boikotaksie nie net groot moet wees nie, maar ook omvattend. As ‘n klein minderheid produkte van ‘n besigheid boikot, kan die besigheid gewoonlik kontinueer. Maar ook as die boikot ‘n aansienlike aantal ondersteuners het, kan ‘n boikot misluk of nutteloos wees as daar slegs een tak van die bedryf geboikot word.

Laat ons die Boikot Naspers-groep as voorbeeld vat. Die groep wil die groot maatskappy boikot weens die beriggewing in hul Afrikaanse koerante. Die vraag is egter hoe sinvol en haalbaar ‘n totale boikot is.

Boikot Naspers
Boikot Naspers (Foto: Boikot Naspers / Facebook)

Eerstens is Naspers ‘n wêreldwye besigheid en volgens die internasionale saketydskrif Forbes die 134e duurste besigheid ter wêreld. Volgens Forbes is Naspers se markwaarde R814 miljard en daarmee die duurste besigheid van Afrika. Naspers haal die grootste deel van sy omset uit die buiteland. Dit beteken as alle Afrikaners die maatskappy boikot, Naspers se omset nouliks sal daai, in die gunstigste geval vir Naspers sal sy groei net ‘n bietjie stadiger wees. Media24 se wins is slegs  enkele persentasies van Naspers se omset. Die wêreld én Naspers het verander sedert 1985, toe Naspers slegs ‘n uitgewersmaatskappy was.

Tweedens is Naspers ‘n baie, baie, baie groot besigheid. Dit gaan amper die verstand te bo. Naspers het invloed op talle aspekte in jou lewe, van aanlyn verkoop tot internet advertensies. Dit beteken dat as jy Naspers wil boikot, jy derduisende webwerwe nie meer kan besoek nie omdat die advertensies op die webwerwe gereël word deur een van Naspers se dogters. Dit beteken jy kan geen WeChat op jou selfoon gebruik nie, want die bedryf Tencent, is vir 34% in hande van Naspers.

Hoe groot die impak van Naspers is, is dat ‘n mens in Nederland (!) geen satelliet-TV kan kyk nie, sonder om van tegnologieë van Naspers se Irdeto te gebruik nie. Naspers is orals, in verskillende tegnologiese dele van jou lewe. En Naspers hou daarvan om monopolies te besit, sodat jy die besigheid se dienste moet gebruik om toegang tot die diens te kan kry.

Boikot van Naspers is net nutteloos, sinneloos en onsin. Of jy moet die hele wêreld gaan oortuig om die maatskappy te boikot. Maar dan kan ‘n mens seker beter die sake waaroor Beeld nie skryf nie vir die wêreld toon. In Naspers se harde sakewêreld sal die Afrikaanse media gesluit word as dit nie winsgewend is nie. En dan is almal veroordeel tot die ANC se SAUK-propaganda, want daar is geen Afrikaanse media wat Naspers se Afrikaanse koerante of eNuus kan vervang nie, insluitend Maroela Media en Die Republikein.

As die Afrikaanse koerante sluit, moet almal mos Ingelse koerante lees of die SAUK glo. En dit kan nie die bedoeling van daai klompie regse Afrikaners wees nie.

Om nog maar te swyg van die mense wat wel sê hulle boikot die Afrikaanse koerante, terwyl hulle die koerant steeds lees, sodat hulle kan skree as Beeld, Die Burger, Volksblad of Rapport enigiets skryf waarvan hulle nie hou nie. Dis pateties. Leuenaars is hul naam.

Maar as boikot nie werk nie, is dit net lastig vir jouself. Dus darem: boikot die boikotters en laat hul dink oor die sin van die boikot. En as jy ‘n boikotter is, is daar ‘n moontlikheid dat jou doele gehaal word? Nee? Dan is ‘n boikot dalk nie die beste manier om jou onvrede kenbaar te maak nie. Wees kreatief. Skryf boos briewe, organiseer sit-ins by kantore of hou meningspeilings.

Sonder debat oor die toekoms verloor jy die grip op jou lewe. Gee jou mening en wees krities en betrokke die sake van jou gemeenskap.

Advertisements

One comment

  1. “… daar is geen Afrikaanse media wat Naspers se Afrikaanse koerante of eNuus kan vervang nie, insluitend Maroela Media en Die Republikein.”

    Wel, PRAAG het reeds meer leserreaksies op sy webblad as alle Naspers-koerante tesame. (Die grond daarvoor is naturlik dat Naspers ‘n streng sensuur handhaaf, maar dit is eksakt die punt: Indien Naspers verdwyn is daar andere wat die gaping sal vul. Naspers is nie essensieel nie.)

    Die boikot is ook nie (as jy glo) ‘n kruistog om Naspers te vernietig, maar ‘n poging om die monopolie te breek en *beter* koerante te steun.

    “Gee jou mening en wees krities…”

    Dit werk nie mit Naspers nie as hulle nie wil hoor nie. Daar is ‘n grond vir die sensuur op alle Naspers-kommentaarafdelings.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s