ANC leef in die verlede

As ‘n mens die ANC se twitterblad volg – soos ek doen – dan lees ‘n mens maar baie vreemde goed. Die ANC pos nouliks berigte oor politiek en standpunte – soos die DA dit wel op hul twitterblad doen.

Die ANC praat op hul twitterblad veral van mense, dit wil sê, ANC-lede wat nou hoër poste binne die organisasie of die staat gekry het of lede wat hoë posisies beklee het, maar nou oorlede is. Hele biografieë word op die sosiale medium versprei.

Dit gaan egter net oor die verlede.

Die tweet word gevolg deur nóg 10 tweets oor sterwe van Cedric Radcliffe Mayson en wat hy in die verlede beteken het vir die ANC.

As dit geen biografieë is wat die ANC met die wêreld deel nie, dan is dit wel byeenkomste wat die ANC organiseer om gestorwe lede te herdenk.

Protes teen die apartheidsregering in die 80’s. (Foto: Paul Weinberg / Wikimedia Commons)

Die DA organiseer ook talle byeenkomste binne gemeenskappe maar nee, daar gaan dit nie oor die individu nie, maar oor die groter saak. Dit gaan oor probleme wat opgelos moet word. Dit gaan oor doen-byeenkomste om dorpe reg te ruk, soos AfriForum se gemeenskapstakke dit ook organiseer. Die DA en AfriForum bemagtig gemeenskappe en die ANC laat die mense stil sit en na vervloë verhale luister. Dit is die storie wat die op Twitter vertel word – deur die partye self.

Waar die DA en AfriForum gemeenskappe probeer aktiveer, wil die ANC hê dat gemeenskappe als aan die ANC oorlaat. Want die ANC regeer mos so goed.

Uit dié houding en hang na die verlede kan ‘n mens lees hoe leeg die ANC se ideologie geword het en dat dié party net vir die behoud van sy mag stry.

Uit die feit dat die ANC dit nie erken nie, spreek pure minagting van die soewereine burger.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s