Lesersartikel: Die vlam van ons Afrikanerskap woed steeds

Die konsep Afrikaners is vir baie mense ‘n verouderde irrelevante term. Na afloop van Solidariteit se krisisberaad kan ek met trots verkondig dat dit allermins die geval is.

Jong mense by die Voortrekkermonument in Pretoria (Foto: Byrontaylor86 / Wikimedia Commons)

Die vlam wat ons Afrikanerskap is woed steeds binne ons. Dit kort soms bietjie wind om dit aan te blaas, om nuwe lewe in te blaas. Die ANC regering verskaf daardie wind. Eskom is wind. Swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie is wind. Verdraaiing van geskiedenis is wind. Aanslag op Afrikaans is wind.

Carel Boshoff het eens gesê “ons is nie vir onderdanigheid gemaak nie”. Hiermee bedoel hy dat ons voorvaders nie net gewone mense was nie. Hulle was eerder mense wat vir hulself kon dink en doen. Hy verwys na die Nederlanders wat in 1652 hier aangekom het. Hulle was gewone mense wat iets buitengewoon reggekry het. Hulle was die mense wat vir Spanje in die tagtigjarige oorlog verslaan het, daai tyd een van die sterkste wêreldmoondhede. Hierdie mense het vir tagtig jaar geveg om hulself te regeer. Ons voorvaders was deel van hierdie mense.

Die Franse Hugenote wat in 1655 hier aangekom het, was mense met sterk beginsels, met geloof, met uitnemende denke. Hierdie mense het uit Frankryk gevlug omdat die Rooms-Katolieke godsdiens daar op almal afgedwing was. Hulle het eerder gevlug om hulle eie geloof te behou as om te assimileer sodat hulle kan inpas. Dis hierdie Hugenote wat hier aangekom het. Hierdie mense met ‘n absolute vertroue op almagtige, regverdige God.

Beide hierdie groepe het hulle kwaliteite oorgedra. Hendrik Biebouw verklaar:

Ik ben een africaander – Ik wil niet loopen, ik ben een africaander, al slaat de landdrost mij dood of al zet hij mij in de tronk. Ik ben een africaander.

En die Afrikaner volk word gebore. ‘n Volk met ‘n onblusbare vryheidsdrang, ‘n volk wat glo en vertrou op ‘n heilige, almagtige, liefdevolle God. ‘n Volk met trots. ‘n Volk met kultuur, ‘n volk met ‘n unieke taal.

Die Groot Trek was net ‘n bevestiging van bogenoemde. Afrikaans word uitgeskuif en Engels word afgedwing. Die Voortrekkers trek toe eerder. Trek eerder na ‘n nuwe land. Na ‘n land waaroor hulle niks weet nie. Hulle los meeste van hulle besittings agter, los plase, los huise, om te trek, na ‘n nuwe land. En hulle trek, bo-oor die Drakensberge na ‘n nuwe land vir Afrikaans, vir vryheid.

Lenie Retief skryf stuur saad sodat ons kan plant in die nuwe land. Hierdie nuwe land is Natal. Die einste Natal waarin haar man brutaal vermoor is. Dieselfde Natal waar die Voortrekkers ‘n konstante teiken van die Zoeloes sou wees. Dit alles om Britse heerskappy te vermy. Die nuwe land waar sy Afrikaans het, waar sy vryheid het.

Gerrit Maritz se sussie se hulle trek eerder kaalvoet oor die Drakensberge as wat hulle in die Kaap bly.

Na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog het die Boere oorgegaan na guerillataktieke. Alles om vry te bly. Eers na die Britte huise en plase verbrand het, en vrouens en kinders in konsentrasiekampe gesit is, het die boere oorgegee.

Die rebellie van 1914 het wesenlike gevolge veroorsaak. Om daardie gevolge aan te spreek is ‘n helpmekaarfonds gestig, wat rebelle gehelp het om boetes te betaal. Hierdie fonds is uit Afrikanerbydraes gestig.

Ons nalentskap is orals te sien. Monumente is opgerig om God te eer, om die Nederlandse taal te eer, om Afrikaans te eer. Jaarliks word daar fees gevier as voldoening van ons Gelofte aan God, hierdie gelofte word jaarliks bevestig, word oorgedra. Kerke en instansies pronk. Ons is uitnemende denke, ons instansies, ons kerke, ons geskiedenis, ons kultuur, ons monumente getuig daarvan.

Die onlangse krisisberaad het bevestig dat die vlam diep en sterk en trots brand. Dr Hermann skryf:

In Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond. Ek is Jan van Afrika. Ek is hier om te bly. Ek is hier om blywend vry, veilig en voorspoedig te bly. Ek is Jan van Afrika. – Dr. Hermann

Mag ons vlamme nooit geblus word nie, mag ons vry, veilig en voorspoedig in die suidpunt van Afrika bly, want dan sal ons, as Afrikaners altyd plesierig wees.

Hierdie artikel is geskryf deur Cornelissen. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

  1. Baie goeie artikel. Ons Afrikaners gaan nie verdwyn nie, ons is hier om te bly. Die vlam van ons Afrikanerskap sal nie doodgaan nie en nog minder die vlam na vryheid!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s