ANC verras: Stryd tussen titane in PE lê voor!

Die groot verkiesingsveldtog vir die plaaslike verkiesings in 2016 het nou begin! Die African National Congress (ANC) in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het Daniel Jordaan as nuwe burgemeester van dié stad benoem.

Daniel Jordaan in 2009 by die Wêreld Ekonomiese Forum (Foto: Eric Miller / WEF / Wikimedia Commons)

Soos bekend word die Baai een van die plekke waar die Demokratiese Alliansie by die ANC kan oorneem. By die vorige plaaslike verkiesing in 2011 het die ANC net-net staande gebly met 52% van die stemme teenoor alliansie van DA (40%) en COPE (5%).

Die vraag is egter of Jordaan deur die ANC benoem is weens sy persoonlike kapasiteite of politieke strategieë wat betrekking het op die rassekaart.

Die demografie van Nelson Mandelabaai werk naamlik teen die ANC. Ongeveer 60% van die inwoners is swart, terwyl die res grotendeels bruin (24%) of wit (14%) is. Die stad se grootste tale is Xhosa met 54%, gevolg deur Afrikaans met 30%. Die ander 15% is Engelssprekend.

As die ANC sy gewoonlik (swart) rassekaart sou speel, sou die ANC ‘n groot deel van die kiesers van hom vervreem (waar dit nog nie die geval was nie). Dit sou beteken dat die ANC die stad amper seker sou verloor.

Die ANC mik darem maar op die bruin stem – as ek dit so kan en mag skryf. Die meeste Afrikaanssprekende kiesers is mos meer geneig om DA te stem, so bewys uitslae van vorige verkiesings. Dit is dus die ANC se belang om soveel moontlik stemme van die DA se (potensiële) kiesers af te verkry. Jordaan self is ‘n bruin Afrikaanssprekende man.

Dit is egter nie moontlik om te stel dat die rassekaart die enigste oorweging van die ANC is om Daniel Jordaan as burgemeester van die Baai aan te stel, want Jordaan is werklik ‘n goeie kandidaat.

Jordaan het sy spore verdien by die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie  en hy was verantwoordelik vir die 2010 FIFA wêreldbeker-toernooi. Daardie toernooi was werklik ‘n groot sukses.

DA se Athol Trollip. (Foto: DA / Wikimedia Commons)

Hy is ‘n gedugte kandidaat en ‘n uitdaging vir oud-DA-leier Athol Trollip, wat die DA se burgemeesterskandidaat vir die Baai is.

Die DA het Athol Trollip skaars twee weke gelede tydens die DA se federale kongres in – jawel – Port Elizabeth ‘n hupstoot gegee met die blou DA-golf wat die stad oorspoel het en groot indruk op die inwoners gemaak het.

Hierdie skuif is verseker ‘n strategiese skuif van die ANC. Die DA mag maar nou sy eie strategiese antwoorde gaan uitdink. Die ANC is back in the game om die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.

Maar die stryd is ook ‘n risiko vir die ANC. As Jordaan tydens die plaaslike verkiesings van 2016 verloor, is sy politieke loopbaan en daarmee sy politieke waarde vir die ANC daarmee heen. Maar ‘n mens gaan nie politiekery as ‘n mens bang is vir risiko’s nie.

Die laaste woord in hierdie stryd is nog lank nie gesê nie. Dit geld vir beide partye. ‘n Geveg tussen titane lê voor.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s