Lesersartikel: Selfbeskikking is dié pad vorentoe

Dit is baie goeie nuus dat die Solidariteit Beweging die konsep van selfbeskikking wil ondersoek. Dit kan net positiewe gevolge hê vir die Afrikaner en ‘n uitkoms wees in die doodloopstraat waarin hy nou verkeer.

Vrywilligers van Helpende Hand in Welkom (Foto: Solidariteit / Wikimedia Commons)

Die Afrikaner het nie meer politieke mag nie en het geen sê meer oor enigiets wat van belang is vir hom nie. Afrikaans en Afrikaanse skole word geteiken deur die ANC en uitsprake is gemaak dat die land se probleme begin het by Jan van Riebeeck se aankoms. Die EFF skend die Afrikaner se standbeelde en sê witmense het die grond gesteel by swartmense.

Die Afrikaner se geskiedenis word verdraai en hy kry die skuld vir als. Boere word doodgemaak op plase en uitlatings word gemaak dat grnd onteien gaan word sonder vergoeding. Afrikaners kry nie werk nie en word benadeel deur regstellende aksie. Dit is dus duidelik die Afrikaner word soos ‘n tweede klas burger behandel in sy eie land en dit kan tog nie so voortduur nie.

Die oplossing lê dus in selfbeskikking vir die Afrikaner.

Daar is verskeie vorme en vlakke van selfbeskikking en daar sal gekyk moet word hoe dit toegepas gaan word met betrekking tot die Afrikaner. Nog iets om te onthou is dat die Vryheidsfront Plus al vir jare lank die vaandeldraer van selfbeskikking is en dit sal net sin maak as dié party en die Solidariteit Beweging nouer saamwerk. Saam kan hulle ‘n formidabele krag word waarmee rekening gehou sal moet word. Dit kan Afrikaner-eenheid bevorder en die saak van Afrikanerselfbeskikking net versterk.

Selfbeskikking is die pad vorentoe en moet daadwerklik en kragtig bevorder word. Dit is die Afrikaner se enigste hoop en dit is tyd dat Afrikaners begin saamstaan rondom die konsep van selfbeskikking.

Selfbeskikking bied hoop, vryheid en vrede.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

5 comments

  1. Mmusi Maimane is nou amptelik DA leier en ons kan verwag die DA gaan nou intens fokus op nie-blanke kiesers veral in die townships. Minderhede, soos die Afrikaner, gaan nie meer n prioriteit vir DA wees nie. Dit maak juis nou selfbeskikking en minderheidsregte uiters belangrik en nog meer relevant. Die tyd is hier vir selfseggenskap en ook tyd om aan jou eie kant te wees en trots te wees daarop. Ja vir selfbeskikking en nee vir n tiranie van die meerderheid!

  2. Ons sal grootliks na bemarking moet kyk tussen ons mense rondom selfbeskikking.baie van ons boere afrikaners is onbewus hiervan.elke moontlike manier moet dus gebruik word om mense in kennis te stel bv facebook,twitter,bbm,whatsapp en ook in koerante en radio stasies artikels plaas.blootstelling is ons grootste en belangrikste wapen om ons mense bewus te stel en om hulle betrokke te kry.

  3. Ekstem volkome saam met die inhoud wat ek hier gelees het Daar mowet ‘ selfbeskikking veld tog gereel word vir alle blanke suid afrikaners en my insiens moet daar ‘. selfbeskillings skool opgerig word sodat ons onder mekaar kan leer om te stem vir selfbeskikking en toe pas ek sal vir selfbekikking stem as vir ‘n politieke party,

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s