‘n Leuen van Beeld: Solidariteit en selfbeskikking

Die Solidariteit se krisisberaad het ‘n versigtige skuif opgelewer. Waar ek in my vorige artikel nog geskryf het dat Solidariteit met ‘n begroting van R 225 miljoen per jaar sterk genoeg is om ‘n groot skuif te maak, is ‘n klein, maar belangrike koerswysiging aangekondig.

Waar ek geskryf het dat Solidariteit die belange van sy Afrikaner-lede die beste kan versterk deur uit te reik na bruin mense asook na Nederlandse organisasies, het die Solidariteit Beweging nou definitief sy lot aan die toekoms van die Afrikaner verbind.

Die Solidariteit Beweging het sestien mosies aangeneem om die Afrikaner se toekoms in die land te verseker. Een van die mosies het gegaan oor selfbeskikking. Die mosie stel dat Solidariteit nou vir Orania ondersteun en dat daar gekyk gaan word hoe gebiedsgebonde selfstandigheid vir Afrikaners verwesenlik kan word. Daar sal navorsing gedoen word om gefondeerde planne te kan maak.

Orania met sy 1100 inwoners langs die Oranjerivier. Orania-Wes (onder) en Orania-Oos (bo die R369) is twee van die vier woonbuurte (Foto: Orania Beweging / Wikimedia Commons)

Daardie navorsing sal Orania insluit – dalk selfs as vertrekpunt neem – omdat Orania mos ‘n feit is en dieselfde mosie waarin die navorsing aangekondig word, sê dat Orania ondersteun word. Ek dink die kans is klein dat die navorsing teen Orania sal pleit en dat als anders gedoen moet word.

Die redes is simpel. Eerstens is Orania ‘n feit waarop gebou kan word. Die navorsing waarop Orania reeds steun, is werklike, akademiese navorsing, darem sal dit onwaarskynlik wees dat daardie navorsing nou plotseling as ‘fout’ uitgewys gaan word. Die tweede rede is dat die Solidariteit Beweging lankal informeel vir Orania steun. Van die belangrikste nuwe bestuursposte by die Orania Beweging word gevul deur mense wat eerder by Solidariteit se organisasies betrokke was, waaronder Jaco Kleynhans (die vakbond) en James Kemp (Radio Pretoria). Buitendien is dit geen geheim dat bestuurders van Solidariteit gereëld Orania besoek. Dit sluit ondermeer Flip Buys, Ernst Roets en Dirk Hermann in.

Ek dink die navorsing sal twee spore bevat, soos die mosie ook reeds voorskryf. Dit sal enersyds die uitbou en verstewiging van Afrikanerinstellings in gebiede waar veel Afrikaners woon (maar ‘n minderheid vorm) asook ‘n roete na gebiedsgebonde selfstandigheid. Aangesien navorsing voorheen uitgewys het dat die Noordwes-Kaap die beste plek vir gebiedsgebonde selfstandigheid vir Afrikaners in terme van die Grondwet is en dit buitendien eksplisiet die goedkeuring gekry het van die regering-Mandela.

Nee, Solidariteit se fokus het nie eksklusief op selfstandigheid geraak nie, maar voorheen het die Solidariteit Beweging wel eksklusief op ‘n toekoms binne die huidige Suid-Afrikaanse bestel gefokus. Die Beweging fokus nou op beide as toekomstige paadjies. Want danksy die bestaan van Orania het beide immers huidige werklikhede geword.

Hoekom op een perd wed as jy ook op twee kan wed?!

Beeld gaan hopeloos te ver met sy voorblad van vandag wat heeltemal op gebiedsgebonde selfstandigheid fokus. Dit was slegs een van die sestien mosies wat tydens die krisisberaad bespreek is. Buitendien is daar sprake van onduidelike raamwerke binne die verslaggewing. Waar Beeld fokus op selfbeskikking as in die Orania-moontlikheid, fokus Netwerk24 se #TopStories (dieselfde redaksie!) baie meer op Afrikaner-aksie buite die Orania-moontlikheid. Ek wonder nou wat Media24 se Afrikaanse redaksie in Johannesburg werklik wil sê – of juis nie wil sê nie.

Advertisements

5 comments

  1. Dis goed dat Solidariteitbeweging kyk na selfbeskikking. Daar is verskillende vorme en vlakke van selfbeskikking wat toegepas kan word. Onthou ook dat die VF Plus die vaandeldraer is van minderheidsregte en selfbeskikking. Dit sal goed wees as die Solidariteitbeweging en VF Plus nouer begin saamwerk oor hierdie kwessies. Saam kan die twee n kragtige mag word waarmee rekening gehou moet word. Dit kan net voordeel inhou vir die Afrikaner. Terselftertyd kan dit n positiewe stukrag wees vir ander minderhede wat ook streef na selfstandigheid.

    • Pieter Mulder en Flip Buys was afgelope week albei by die Burgerraadvergadering van die Orania Beweging (in Orania natuurlik). Die Orania Beweging was ook by die krisisberaad in Pretoria. Ek weet nie of die VF+ daar was nie. Maar dit lyk onwaarskynlik dat die VF+ daar nie was nie.

  2. Wel gedaan! Dis iets waarna ons jonges kan uitsien. As hulle ons universiteite verengels dan doen ons dit eerder in ‘n land wat veilig is oorsee. Die is wel ‘n beter alternatief. Dit stel ‘n boodskap dat ons hier is om te bly. En volgens die VN het nasies nie toestemming nodig van enige ander groep vir selfbeskikking solank regte nie geskend word nie. Eie arbeid!! Afrikaans leef.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s