Lesersartikel: Mag van getalle regeer in die huidige Suid-Afrika

Daar is die stemlokaal in Paradyskloof, Stellenbosch. (Foto: HelenOnline / Wikimedia Commons)

Frik Lotz begaan een groot en uiters belangrike fout in sy benadering van belangepolitiek, naamlik dat die kiesers van ons nuwe Suid-Afrika politiek volwasse is. Ons het in die nuwe Suid-Afrika ‘n mag van getalle van hoogs onvolwasse, ongeletterde en omkoopbaar manupileerbare kiesers wat doodeenvoudig nie in ‘n belangepolitieke opset sal en kan figureer nie.

Ons sien dit elke dag! Ons president het nie eens daardie vermoeë of eienskap om in so bestel ‘n positiewe bydrae te lewer nie.

Jy kan met allerhande westerse benaderings en teorieë nooit verby die nuwe Suid-Afrika se politiek onvolwasse mag van getalle redeneer nie.

Hierdie onvolwassenheid is nie in die townships nie – hulle sit die Nasionale Parlement vol. As ons enigsins ‘n effense politieke volwassenheid in ons politieke spektrum gehad het sou die African National Congress (ANC) reeds veel meer setels verloor het en sou die Economic Freedom Fighters (EFF) geen verteenwoordiging in parlement gehad het nie.

Hierdie artikel is geskryf deur GETALLEisMAG. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

  1. Belangepolitiek is die enigste opsie vir die Afrikaner en ander minderheidsgroepe. Ons kan nie die getallespeletjie speel nie en moet dus strategies wees in alles wat ons doen. Uiteindelik moet n meerderheid van minderhede aan bewind kom. Dit is moontlik en kan gedoen word. Die Afrikaner het geen ander plek nie. Ons is hier om te bly!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s