Solidariteit-krisisberaad kan waardevol wees – as ‘n mens dit besoek

Lede van AfriForum-Jeug by Louis Botha se standbeeld in Pleinstraat, Kaapstad (Foto: HelenOnline / Wikimedia Commons)

Die Solidariteit Beweging hou volgende week Dinsdag, op 5 Mei, ‘n krisisberaad om die stand van sake rond verskeie probleme in die land te bespreek met sy lede. Amper 250 000 lede is genooi om na die Voortrekkermonument te kom. Die aantal sluit mense uit die hele Solidariteitsambreel in: lede van die vakbond, AfriForum, Helpende Hand, die FAK, die Boufonds, die Regsfonds ens.

Die krisisberaad kan net suksesvol wees as mense die beraad besoek en deelneem aan die beraadslagings wat daar gaan plaasvind.

Talle Afrikaners kla mos dat hulle nie kan saamstaam nie. Hier is ‘n oomblik om die klaers se ongelyk te bewys. Afrikaners praat dikwels oor die Paardekraal-volksvergadering, waar 6 000 burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek saamgetrek het om díe land se toekoms te praat. Ongeveer 10% van die ZAR se burgers het die beraad destyds bygewoon.

Indien alle lede van die Solidariteit Beweging Afrikaners is, verteenwoordig die beweging 8% van alle Afrikaners. As Solidariteit se 250 000 lede almal by die Voortrekkermonument sou kom opdaag, sou die beraadslaging 41x groter (!) wees as die Paardekraal-volksvergadering. Solidariteit het egter ook duisende nie-Afrikaners as lede, dus hierdie vergelyking gaan ‘n bietjie mank. Ons kan egter wel veilig sê dat die meerderheid van die lede van die Solidariteit Beweging hulself as Afrikaner identifiseer.

Vir organisasies soos Solidariteit geld dat hulle nooit die volle potensiaal van hul ledekrag kan mobiliseer nie. ‘n Groot deel van die ondersteuners is gewoonlik geen lid nie. Bykomend is slegs 20 tot 30% van die lede bereid om aktief deel te neem binne ‘n organisasie. As die helfte van Solidariteit se lede in die noorde van Suid-Afrika woon, sal tussen 25 000 en 37 500 mense bereid kan wees om die krisisberaad by te woon. Talle mense moet egter ook werk, dus die aantal lede wat aanwesig sal wees sal egter (baie) laer wees.

Sterker, Solidariteit verwag dat baie minder lede as dit wat ek hierbo beskryf het, sal kom opdaag. In plek van die groot Amfiteater (20 000 sitplekke, 10 000 staanplekke) gebruik Solidariteit die naby geleë Amfisaal vir die krisisberaad. Dít het ‘n kapasiteit van ongeveer 1 000 mense. Maar dit is steeds ‘n groot berading, wat vir my amper soos AmericaSpeaks se beradingsessies klink.

Maar steeds bly dit ‘n proef, met die groot vraag of en hoe Solidariteit se lede bereid is om deel te neem aan die groot diskoers van Suid-Afrika. As u ‘n lid is van een van die Solidariteit Beweging se organisasies en u woon naby Pretoria, is dit dalk u burgerplig om die beraad by te woon. Maar dit is my beskeie opinie.

Het Solidariteit-lede reeds hul toekoms opgegee of is dit juis nie-lede wat hul toekoms as ‘n donker prentjie sien? Die krisisberaad sal leer.

Indien u die krisisberaad wil bywoon (dit is gratis), registreer via www.krisisberaad.co.za. Inskrywing is verplig.

Redakteursnota: U kan die krisisberaad Dinsdag tussen 10:00 v.m. en 2.00 n.m. regstreeks via Die Afrikaanse opinieplatform volg. Ons sal die regstreekse videoverslag van Solidariteit op ons webwef beskikbaar stel.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s