Lesersartikel: Politiek van belange is belangriker as politiek van getalle

Die Parlementsgeboue in Kaapstad (Foto: Janek Szymanowski / Wikimedia Commons)

Daar word gesê in die politiek speel getalle altyd n rol. Dit is so, want diegene wat die meeste stemme kry is gewoonlik die wenner. Of is dit regtig so?

Ons weet wat gebeur het in die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2000. Alles het afgehang wie toe uiteindelik die staat Florida gewen het. Dit het natuurlik gegaan aan George W. Bush en hy het uiteindelik president geword. Interessant genoeg het Al Gore die meeste stemme gekry of die popular vote soos hul in Engels sal sê. Tog het Al Gore nie president geword nie!

Hoe dan so?

In die Verenigde State van Amerika( VSA) het elke staat ‘n hoeveelheid verteenwoordigers, amper soos setels. Die persoon wat dus die meeste stemme kry in ‘n staat, wen dan daardie staat met sy aantal verteenwoordigers. George Bush en Al Gore het albei verskeie state gewen, maar George Bush het uiteindelik meer verteenwoordigers gehad. Alles het afgehang van Florida en as Al Gore daardie staat gewen het was hy president, maar George W. Bush het dit toe ingepalm.

Terug na die situasie in Suid-Afrika. Hoe moet ons hier maak en dit is veral belangrik vir minderhede. ‘n Politieke party het tog ‘n spesifieke beleid en sekere waardes. Kiesers wat met daai beleid en waardes saamstem, stem dan vir die spesifieke party.

Vat as ‘n voorbeeld die Vryheidsfront Plus (VF+). Die party het sterk Christelike waardes en en streef daarna om die belange van minderhede, soos die Afrikaner, te beskerm en te bevorder. Dus die bevordering van minderheidsregte. Kiesers wat VF+ stem weet dan die party sal veg vir hul taal, kultuur en ander belange. Mens kan dus sê belangepolitiek is hier ter sprake.

Daarteenoor bedryf die DA getallepolitiek en is in ‘n gejaag na swart kiesers se stemme om die ANC te probeer klop, wat natuurlik nie sal realiseer nie. Myns insiens is dit beter om vir  n party te stem wat belangepolitiek bedryf en sodoende weet kiesers hul belange sal altyd na omgesien word. ‘n Party wat belangepolitiek nastreef kan dan na ‘n verkiesing saamwerk met ander party om ‘n koalisieregering te vorm. As die ANC dus minder as 50% steun kry, kan die VF+ byvoorbeeld saamwerk met ander opposisiepartye om n koalisieregering te vorm en dan eers speel getalle ‘n rol.

So word die ANC dus verslaan met koalisies en was dit dus nie nodig om met een party die ANC te verslaan met getalle nie. Getalle het ‘n rol gespeel nadat opposisieparty hul gewig saamgegooi het na die verkiesing. Indien die ANC wel meer as 50% kry en die regering van die dag is, dan weet kiesers wat vir ‘n party soos die VF+ gestem het dat hul belange nog steeds bevorder sal word en opgestaan sal word vir hul regte.

Belangepolitiek kan dus uiteindelik seëvier deurdat daar nie doelloos uitsluitlik net ‘n gejaag na getalle is deur een party nie, maar dat daar op belange gefokus word en die getalle sal bykom wanneer opposisieparty saamwerk en die ANC so uitknikker van die mag. Glo my, dit is beslis ‘n werkbare oplossing.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s