Lesersartikel: Geen Jurassic Park vir ons erfenis!

Die Spinosourus-dinosourus in Singapore se Jurassic Park (Foto: Rojypala / Wikimedia Commons)

Moet die Afrikaner se geskiedenis en gedenkwaardighede na ‘n  temapark geskuif word? ‘n Tipe van ‘n Afrikaner Jurassic Park? Daar kan alles mooi bymekaar gesit word en dan is dit ook mos veilig, reken sommige mense.

Hierdie voorstel is onaanvaarbaar en moet geheel en al verwerp word.

Waarom moet die Afrikaner se kosbare dinge agter slot en grendel weggesteek word? Is die Afrikaner nie deel van Suid-Afrika nie? Het die Afrikaner dan geen bydrae gelewer tot enigiets nie? Dit lyk of daar probeer word om die Afrikaner se geskiedenis uit te vee en te hoop die Afrikaner self sal ook verdwyn.

Feit van die saak is dat die Afrikaner geweldig baie bygedra het tot die opbou van die land en nog steeds besig is om sy deel te doen. Die Afrikaner het die reg om in Suid-Afrika te wees en gaan nie stilletjies verdwyn nie.

Gee erkenning aan die Afrikaner, aan sy positiewe bydraes, sy kultuur en sy geskiedenis. Laat die Afrikaner se standbeelde bly op hul plek en wys dat hy deel is van hierdie land. Daar moet respek wees vir mekaar se taal, kultuur, tradisies en geskiedenis.

Indien ons mekaar nie met respek gaan behandel nie, gaan alles in chaos opeindig wat tot niemand se voordeel is nie.

Gun die Afrikaner sy plek in die son en respekteer sy erfenis. Dis tog nie te veel gevra nie?

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

    • Dankie vir die positiewe kommentaar, dit word waardeer. Afrikaners moet opstaan vir dit wat reg is en trots wees op hul erfenis. Dis tyd dat ons eendragtig saamstaan vir ons eie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s