Europese grense kraak, derduisende mense dood: Oplossing nodig!

Die Europese grens naby Melilla. Dit is die landgrens tussen Spanje (EU) en Marokko (Afrika) (Foto: StephaneMGrueso / Wikimedia Commons)

Ongeveer 1000 immigrante per dag probeer die Europese Unie binne te kom. Maar die grense is gesluit. Die grense is toe en word bewaak met kameras, wapens en honde.

En elke dag probeer die immigrante dit weer. Daagliks bestorm immigrante die Spaanse enklawes in Afrika. Hulle bestorm die grens se hekke, wat so hoog is as 10 meter. En as hulle bo op die hekke sit, dan weier hulle om af te klim, omdat hulle dán moet kies tussen Spaanse gevangenskap of ‘n swaar lewe in die Marokkaanse bosse, waarna hulle hernieude pogings sal moet onderneem. En dan sit die immigrante vir ure bo-op die hoog hekke. Die Grieks-Turkse grens en die Roemeens-Turkse grens word eweneens bewaak. Europa betaal vir Turkye om immigrante by die grens weg te hou. Die Poolse-Oekraïnse grens is toe. Die grens tussen die Baltiese State en Rusland is toe. Die lande is bang dat die Russies-Oekraïnse konflik ook vir hulle bereik.

Die immigrante wil egter so graag na Europa, dat hulle lewensgevaarlike risiko’s neem. Omdat Europa sy skaars landsgrense in vestings verander het, word immigrante deur mensesmokkelaars in bootjies die see op gestuur. Met die hoop dat hulle deur die Italiaanse, Griekse of Spaanse kuswag gered word. Op Italië se strande land daar meer as 600 vlugtelinge per dag.

In 2014 het meer as 207 000 immigrante die Middellandse See oorgesteek. Tewens het tydens die oortog meer as 4000 mense gesterf.

Immigrante word in klein bootjies geprop, dikwels rubberbote, wat heeltemal nie seewaardig is nie. Die mensesmokkelaars vaar die immigrante nie na Italië se kus nie, maar halfpad verlaat hulle die boot. Die rubberbootjies, dikwels met ongeveer honderd immigrante aan boord, dryf dikwels nog dae lank – sonder ete en drinke vir die immigrante – stuurloos op see rond.

In November en Desember, toe die kusstede van Libië definitief in hande geval het van terroristiese groepe en gewapende Islamitiese bendes (waaronder die gevreesde Islamitiese Staat) het mensesmokkelaars beheer oor die hawes en talle skepe gekry. Dit het nuwe moontlikhede vir dié misdadigers verskaf. Nou prop hulle honderde – so nie ‘n duisend – immigrante op ‘n vragskip en die mensesmokkelaars laat die vragskip vervolgens op die “outomatiese piloot” na Europa vaar. Dikwels in ‘n regte lyn, sonder kommunikasiemoontlikhede vir die immigrante op die skip. Gelukkig is die vloot van die Europese lande so goed uitgerus dat sy – tot nou toe – in staat was om die skepe te enter voordat daardie skepe op die Europese kuste vasloop.

Vandeesweek het reeds meer as 10000 immigrante die Middellandse See oorgesteek van Libië na Italië. Ongeveer 1000 mense het reeds gesterf toe hul rubberbootjies gesink het. Maar slegte weer, slegte bootjies en gruwelike mensesmokkelaars is nie die enige gevare nie. Afgelope week het Moslems tientalle Christene in die see gegooi, omdat daar rusie oor geloof op een van die bootjies uitgebreek het. Tientalle Christene is dood, enkeles kon gered word deur die Italiaanse vloot. Later toe die immigrante op die boot gered was, is van hulle in ‘n donker Italiaanse tronk gegooi en wag hulle nou vir hulle straf weens moord.

Hierdie situasie is onhoudbaar.

Maar ook as die immigrante veilig die oorkant haal, is dit nie die einde nie. Volgens Europese afsprake moet immigrante vlugtelingstatus kry in die land waar hulle die Europese Unie binnekom. Die Italiaanse opvangsentrums is egter so vol dat die Italianers toestaan dat van die immigrante verder reis na ander Europese lande. Veral Duitsland, Swede en Nederland is populêr.

Maar ook daar is nie die einde nie – en verseker nie die begin van ‘n lewe in voorspoed nie.

Talle immigrante besluit om geen papiere te kry nie. Omdat hulle bang is om weer terug Afrika toe gestuur te word, dus hulle verdwyn. Veral in die suide van Italië is daar reeds die eerste townships ontstaan, waarin immigrante, veral van Afrika-afkoms, ‘n slegter lewe het as hulle in Afrika gehad het. Selfs in Berlyn, die hoofstad van Duitsland, is reeds die eerste townships van immigrante gesien.

Ons moet onthou dat die immigrante nie almal immigrante sonder kanse is nie. Die oortog oor die Middellandse See kos baie geld en ‘n mens moet dit tog kan betaal. Dit maak dat daar veral middelklas immigrante, dokters, amptenare, entrepreneurs, na Europa probeer vlug. Vlugtelinge van Sirië, wat voor die burgeroorlog ‘n redelik ontwikkelde land was, is het dikwels genoeg geld om die oortog met die hele gesin te doen. In Europa reis die groep dikwels verder na lande waar reeds vriende of familie bly. Immigrante van Afrika is egter dikwels nie middelklas mense nie, omdat dit dikwels enkellopende jong mans betref wat namens hul arm familie na Europa probeer kom om geld te verdien.

Europeërs in verskillende lande is boos. In Duitsland is byvoorbeeld al opvangsentrums aan die brand gesteek. In Nederland word immigrante nie in die stede nie, maar in plattelandse dorpies opgevang, soos honderde jare gelede ook met die Hugenote gebeur het. Maar dit kan soms baie ontwrigtend wees vir die inwoners van die dorpies. So wou die regering 1400 immigrante opvang op ‘n vakansieplaas in Oranje, provinsie Drenthe. Die dorpie het normaal glo 140 inwoners… Na verset van die inwoners word daar nou 500 immigrante in die vakansieplek opgevang.

Daar moet ‘n oplossing kom. Daar moet opvangkampe in die regio’s van die vlugtelinge kom. Dit is daar, maar word onvoldoende gesteun deur die Europese lande.

Dalk is dit net ‘n “oplossing” deur ‘n stuk grond in Libië te beset. En daar ‘n nuwe stad te bou vir die immigrante wat nou so hopeloos die Middellandse See probeer oorsteek. Maar dit klink dalk te xenofobies. En dalk klink daardie woord net ‘n bietjie te bekend vir Suid-Afrika..

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s