Lesersartikel: Steve-in-die-politiek kan ‘n positiewe bydrae lewer

Steve Hofmeyr (l) in 2006 (Foto: AB from South Africa / Wikimedia Commons)

As mens die naam Steve Hofmeyr hoor, dan is daar verskillende reaksies by mense. Sommige sal sê hul hou baie van hom, terwyl ander weer die teenoorgestelde sê. Feit is dat hy welbekend is en almal weet wie hy is en waarvoor hy staan.

Steve Hofmeyr het ‘n baie suksesvolle musiekloopbaan en mense is gaande oor sy musiek. Inderdaad is sy musiek puik en uit die boonste rakke. Daarby is hy ‘n baie goeie akteur en het al in verskeie televisie en filmrolle sy staal getoon. Hy het beslis nie n tekort aan talent nie. Daarby is hy welbelese en het goeie kennis oor vele onderwerpe. Ek glo ook sy kennis oor die geskiedenis van Suid Afrika en spesifiek van die Afrikaner is puik.

Hy mag hom dus maar uitlaat en sy menings gee wanneer dit by sake kom soos geskiedenis, politiek en dies meer. Ek glo sy menings dra beslis gewig by mense en kan ‘n groot invloed hê op die politieke terrein. Vraag is of hy die politiek moet betree en of hy sy eie politieke party moet stig?

‘n Party gaan nie net oor een persoon nie, maar oor beleid, visie en strategie. ‘n Bekende persoon kan wel ‘n bydrae lewer en help dat ‘n party meer stemme trek. Myns insien kan hy ‘n positiewe bydrae lewer in die politiek en iets nuuts inbring wat dalk sal help dat mense wat nie meer stem nie dan wel weer stembus toe sal gaan.

Steve Hofmeyr sal dus by ‘n gevestigde party moet aansluit wat werkbare oplossings het en ook ‘n positiewe bydrae kan lewer tot ‘n beter toekoms. Dis egter maar net my beskeie mening en uiteindelik sal Steve self besluit wat hy wil doen, hoe hy dit wil doen en ook wanneer.

Intussen kan ons net dankie sê vir sy goeie musiek en ook dat hy opstaan vir die behoud van ons erfenis. ‘n Goeie voorbeeld was die protesoptrede onlangs by die Paul Kruger standbeeld op Kerkplein. Dit wys mos hy gee om vir ons mense en daarvoor haal ek my hoed vir hom af. Welgedaan, Steve Hofmeyr!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

6 comments

  1. So, wat sê lesers oor die saak? Moet Steve politiek toe, moet hy sy eie party stig of wat moet hy doen? Doen hy goeie werk rakende die saak van die Afrikaner en hoe vaar hy as dit kom by die behoud van ons erfenis. Sal interessant wees om te lees wat lesers sê.

  2. Die parlementere roete is uitgedien vir die Afrikaner. Indien Steve in die Sinagoge van Satan wil gaan sit, gaan hy sy tyd mors en homself geweldig frustreer – die stewige salaris sal dalk dit ietwat makliker maak. Steve moet eerder voortgaan om buite-parlementer vir die regte van die Afrikaner/Boer te beywer. Wanneer jy op Kerkplein protesteer, sien die wereld jou. Wanneer jy ‘n drie-minute spreekbeurt in die parlement kry, vergeet almal jou na drie minute… dis nou as hulle jou boodskap kon hoor tussen al die gekoggel en tussenwerpsels
    Steve is in die gelukkige posisie dat hy nie vir ‘n baas werk wat hom kan afdank of viktimiseer nie – hy hoef dus nie bang te wees om reguit te praat nie. Hy hoef nie polities korrek te wees nie. Sy sukses kan o.a. gemeet word aan die verguising aan die hand van die liberale Naspers-koerantredakteurs asook die DA se verklarings in die verband. Steve se buite-parlementere aksies – byv die sing van kulturele weerstandsliedere – is uitstekende en ongeewenaarde buite-parlementere propaganda om aan die kommuniste, kripvreters en renegate te wys dat die Afrikaner nie berus in sy onderdrukking deur die huidige onwettige swart engelssprekende besttingsregime nie!

  3. Ek was al baie kere lus om met Steve persoonlik te gesels oor hierdie aspek. Ek het eenkeer ‘n praatjie geluister op die radio oppad werk toe en ‘n Professor (kan nie onthou van waar nie) het basies die mening gehuldig dat Steve moontlik nog ‘n GROOT rol gaan speel in Siud Afrika se politike arena. Die Afrikaner is LEIERLOOS en niemand het die B*&^ om op te staan en te se, wie julle ook al is, hier is ons nou terug waar die groot manne deelneem aan die politieke speletjie. Dit gaan nie uit die Groot Kerk gestoeltes wees, of ‘n Professor wat spesialiseer in wereld politiek nie, Dit sal ‘n Afrikaner wees wat veg vir sy reg en vir geregtigheid. Jammer Vrystater, maar ek persoonlik dink dat Steve die uitverkorene is (soos Moses van ouds) om die Afrkaner uit die woestyn te lei. Kruisig my maar, dis maar OK. Ek het so gevoel die JA mense van ouds gaan my seker nou op die kruis vasslaan, alhoewel ….feitlik almal van hulle sit erens oorsee op ‘n koue nat plek met geen Castle Lager om te drink nie of mag nie vuur maak om te braai nie. ….. STEVE, EK wou dit al baie vir jopu se……IETS IN MY vertel my JY IS DIE EEN. Jy het kennis, insig en die mentaliteit om voluit vir n saak te bly veg. Onthou, dit gaan ‘n stofpad wees Steve, met groot slaggate. Ek staan vas reg langs jou my maat.

  4. Steve het n goeie stuk op sy Facebookblad aangaande sy besoek aan die oorlogmuseum in Johannesburg en sy dae in die weermag. Gaan lees gerus. Mooi gedoen, Steve!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s